Sunday, January 27, 2008

Die baas van die plaas se beurt!


Hallo julle dit is Eugene hier, en soos julle almal weet is tik en letterkunde nie my sterkpunt nie. So die nuusbrief gaan kort en kragtig wees en alles wat ek vergeet sal Arina later by sit. Ek bigin met iets vir die manne, die motor in die foto is n Peugot 407 2l tdi. Ons word deur hulle gesponser, so al die SA spelers ry Peugot! Ek geniet die motor ongelooflik baie. Dit is bietjie onprakties in frankryk se smal strate en klein parkeerings, maar dit het baie krag en is lig op brandstof (900km op n 50l tank)




Ek en Arina was die week Antarktieka toe sjoe dit was koud!!!! OK miskien was ons nie Antarktieka toe nie, maar ons was wel na Montpellier se Akwarium toe! Dit is awesome die akwarium is gelee in n arkade, met ook n planetarium, Ysskaatsbaan, cinama-complex en restaurante. Die akwarium is wel nie so groot soos die een in die waterfront nie en het ook nie so groot verskeidenheid vissoorte nie, maar die akwarium is baie modern en baie fun! Hulle het verskillende temas in die akwarium soos n groot boot met n simulasion kamer waar jy kan voel hoe dit voel om op n boot te wees tydens n storm. Dit was awesome! Hulle het ook n antarktieka en n tropiese afdeling! Hier is n paar fotos!



























Ek en Arina het na die tyd by route 66 geeet wat n restaurant is met n Amerikanse tema. Blykbaar n baie bekende roete in Amerika. Kos was lekker, het steak en chips geeet maar, dit kom nie naby my pa se fillet steak nie!




Ons het die naweek teen Byonne gespeel en het hulle 37-13 gewen! ons le op die oomblik 5de op die logg met Parys n punt bo ons. Ons speel die naweek weg teen Toullouse. Hulle is heelbo op die punteleer, so dit gaan n moeilike een wees.


Wel dit is al van my kant af! Groete