Monday, January 21, 2008

Ons flat

Hallo almal!
Ek kan nie foto's gestuur kry nie, daar is te veel foto's en te min spasie in een mail, so toe besluit ek ek stig maar 'n "blog" sodat almal foto's kan gaan kyk as hul so voel!

Ek en eugene woon in Montpellier, dis 'n Universiteits dorp (hier is 3 universiteite!) so 7 km van die see. Die see hier is pragtig, maar hier is glad nie soos in GLAD nie branders nie. Baie anders as Struisbaai!!!! Die mense hier praat Frans met Frans as tweede taal! As ek moet skat volgens die mense wat ek nou al meer gesels het hier praat so 15% van die inwoners Bietjie engels en 5% goed engels en dit is dit! Almal het engels as 'n vak op skool, maar volgens een van ons Franse vriende, Romain (jy spreek sy naam Roma uit en die "R" word gebrei) is Franse baie lui wanneer dit by tale leer kom. Hul praat nooit weer engels na skool nie.

Montpellier bestaan uit 'n klomp klein dorpies in een. Dink aan die kaap met Belville, Durbanville en Parow, amper so. Ons woon in Montpellier Ville (montpellier village). Dit is naby aan die rugby club en redelik sentraal gelee. Die huisies in ons "village" lyk soos die tipiese franse huisies, met hortjies vensters en the works! Ons woon in 'n flat op die vierde vloer en kyk oor al die woonstelletjies. Die flat is klein maar perfek vir my en eugene!
Dit vat nie lank om skoon te maak en ons het nie miljoene meubels en dinge nodig nie! Ons het binneshuise verhitting wat ek altyd te hoog stel en eugene weer te laag stel, ons kan net nie op 'n perfekte temperatuur besluit nie!!!! Ons het ook elektroniese shutters voor die vensters (dis standaard vir die franse om shutters voor vensters te he, seker maar omdat die son eers 11uur in die aand hier sak in die somer) wat regtig evil is vir middagslapies! jy kan nie wakker word nie! dis baie moeilik om daar op te staan!

Rondom Montpellier is daar ongelooflik baie klein dorpies waarvan almal so mooi bewaar is oor die jare! Omtrent almal het 'n kasteel of 'n katedraal van "medieval' tyd. (ek weet nie hoe spel mens dit, dit is hoe dit in frans gespel word)
Carcassonne is een so 'n dorpie wat, ek belowe, 'n hele dorp, met kasteel en kasteelmuur rondom die hele dorp het!!!! dit is ONGELOOFLIK mooi en jy voel of jy enige oomblik in robin Hood, joan of Arc of een van daardie mense gaan vasloop! Ongelukkig was ek hondsiek die twee dae wat ons daar was, maar ons gaan verseker weer terug soontoe, mens kan in die kasteel ook gaan rondloop op 'n toer, maar toe ons daar was was dit te laat en die volgende dag was 'n vakansiedag, tot eugene se groot teleurstelling. :)

Montpellier het self ook 'n ou kerk en geboue en spog met die grootste botaniese tuin in Europa! (ek was nog nie daar) La place de Comedie is 'n deel van die ou stad waar al die ou geboue en operahuis is. Dis waar 1000de koffie winkeltjies is, waar jy tot laat in die aand op die plein sit en koffie drink, waar gypsies musiek maak en dans ens! Dis ongelooflik mooi daar!

Nou-ja, ek gaan nou eers gaan! Ek moet gaan draf voor die son sak en dit weer begin koud raak. Maar hou 'n ogie oop vir nog posts van my! Dis amper tyd dat ons troufoto's kom! jippee!!! watch this space!