Ja dis alweer 'n koue ou dag hier in Frankryk! Laasweek het ons hoop gegee dat die somer amper hier is, die weer was lekker en ek het vir die eerste keer met 'n t-shirt geloop! (okey dit was binneshuis maar nogsteeds!)
Ek moet hierdie inskrywing begin deur te "brag" hoe oulik my man is! Hy en nog 2 suid-afrikaners van die span het vir hul vrouens 'n dag ingeboek by die Thalasso Spa in Carnon, die stranddorpie so 15min van ons af! Hul is 'n hotel met 'n spa wat spesialiseer in seawater treatments en seasalts. Hul het vir ons 3 behandelings elk geboek!
So laas Donderdag het ek, Tanya en Sanet die oggend 9uur die pad aangepak na Carnon met ons swembroeke en plakkies. Tanya het haar dogtertjie, Lisa (8mnde) by haar man gelos en Sanet haar tweeling, jane en JG (3jaar) by haar man gelos en ek het 'n vuil kombuis en onopgemaakte bed (24uur) by my man gelos.
By die spa verstaan niemand Engels nie (surprise) wat eintlik wierd is want mens sou dink hul kry darem bietjie toeriste daar. Gelukkig verstaan Tanya bietjie Frans sy woon al 2jaar mos hier. So moet Tanya as ons tolk wys die pragtige franse meisies ons die spa. Dis ongelooflik mooi! By ontvangs kry jy jou program vir die dag (so 'n papier met jou naam op en wanneer en waar al jou treatments is ens) en 'n kamerjas en 'n strandsak in ruil vir jou klere en handsak. So loop jy dan die heeldag in jou swembroek en kamerjas en plakkies rond tydens die sessies.
Daar is 'n warmwaterswembad en 'n sauna en 'n Hammam en 'n Gym en ruskamer wat jy tussen sessies kan gebruik aangesien jou sessies so 'n uur uit mekaar uit is. Natuurlik het ons die Gym maar 'n skip gegee, maar die warmwaterswembad en sauna gebruik tot sy volle potensiaal! Ons eerste sessie was so 'n ding waar jy op 'n bed le met jou bene in die lug dan trek hul vir jou sulke sokkie-goed aan wat tot by jou heup strek. Hierdie sokkies word dan opgepomp met water en dit veroorsaak dan konstruksie en ontspanning en what-not op jou bene vir die verbetering van sirkulasie, in elk geval, moral of the story: Dit voel flippen lekker! Ek gee nie om wat dit goed maak nie, dit laat jou goed voel en dis al wat saak maak! Sjoe ons het ons self gate uit geniet. Die volgende sessie was 'n borrelbad met jet-spuite wat jou hele lyf masseer. Dit was net so lekker, maar ek dink die bad waarin ek gele het het vir 'n rukkie af gestaan, want die eerste water wat daai jet-spuit hier op my ribbetjies spuit wat yskoud! Ek dog hul druk 'n vleispen dwarsdeur my long! Maar die res van die treatment het opgemaak daarvoor!
Ons derde sessie was 'n full body massage deur 'n franse meisie op so 'n bed met 'n ding wat stoom spuit oor jou hele lyf! Sy gebruik sulke see olies wat so lekker ruik. Baie baie lekker. Ongelukkig by hierdie sessie gaan jy een-een in die kamers in omdat jy massage word, so toe was Tanya ons getroue tolk nou nie daar nie. Die meisie verduidelik deur handgebare hoe sy wil he ons moet le en sy verduidelik van die swembroek bo-stuk en die massage. Wat sy eintlik bedoel het (vind ons natuurlik na die tyd uit by ons afwesige tolk) is dat sy ons swembroek toppie tydens die massage gaan agter losmaak sodat sy ons rug kan massage, maar natuurlik het ek en sanet gedog sy bedoel trek uit, so daar le ek en sy topless op die tafel op ons rug en maag vir die volle massage. Shame, die arme meisie, ek dink sy dink suid-afrikaners is baie liberaal. Gelukkig teen daai tyd was ons al way te ontspanne om embarresed te voel of om te gee! hehe
Dankie my skat! Dit was 'n GROOT bederf!