Thursday, January 14, 2010

viva italia!!!! (venezia!)

Hallo aan al julle lekker bruin gebrande suid afrikanertjies! Hierdie was nou vir jou 'n koue twee weke wat ons gehad het, 2010 het sommer vir ons begin met sneeu! Ek sit hier en tik met handskoene aan, 'n serp, nog 'n serp, die heater op 20 grade (eugene het my verban om dit warmer te stel as dit, hy is mos 'n yeti) ek het 'n frokkie aan, nog 'n langmou frokkie, 'n langmou t-shirt, 'n trui met 'n rol nek en NOG 'n trui bo-oor, verder het ek 'n langbroek aan, met bootse, met 'n paar van eugene se rugby sokkie wat tot bo my kniee kom. Nee hys lekker koud, te koud vir my!

So paar maande terug het ek die voorreg gehad om getreat te word vir 'n vakansie in Italie! 3 dae in venesie en 3 dae in Rome! Nou in hierdie blog gaan ek jul net vertel van Venesie, want dit was my favourite, ek sal 'n ander dag skryf oor Rome, die blog gaan heeltemal te lank wees as ek altwee moet doen.

Nou vir die van ons wat nie aardrykskunde gelaaik het op skool nie, laat ek net weer geheues verfris: Venesie is aan die kuit kant van die "boot" daar waar die "boot" deel van die land aansluit met die res van europa, Rome is weer aan die maermerrie kant van die boot, reg in die middel.Ek het altyd gedog venice is gebou op die see, maar dit is eintlik gebou op vlei-agtige grond met kleigrond wat eilandjies vorm in hierdie vlei en die gesamentlike vlei beskerm teen die see. Venice is gebou op 118 eilandjies wat aanmekaar "gebind" is deur al die bruggies in venice. Hier is 'n kaart van die hele stad en al die eilandjies waaruit dit eintlik bestaan, die massive "rivier"wat in die middel deur kronkel was daar, dit was nie gemaak deur mense soos ek gedog het nie! (lyk venice nie soos 'n vis nie!?)



Die grond van die eilande was obviously nie baie stewig gewees nie, baie kleigrond weens die water in die lagoon, dus het hulle hout gevat en dit in die grond ingekap tdiep intot daar waar hul vaste rotsbed onder die klei kon vind, hul het dan die fondamente van die huise bo-op die hout gele en dan die huise daarop gebou. Dit klink maar "shaky", maar hout breek nie af onderwater nie, die minerale en soute wat die water voorsien, maak dat die hout semi versteen, glo is meeste van die hout wat hul in die 9de eeu gebruik het om venice te bou, steeds daar.

Venice was gebou eers as 'n plek waar refugees kon wegkruip, later jare het dit een van die rykste areas geword in europa weens die import en export moontlikhede omdat hy omring was deur water. Markus , Jesus se dissipel, is die "patron saint" van venice, en hul het 'n klein basilica opgerig in sy naam.
Latere jare, toe venice nou so flashy en ryk geword het weens die import-export berdywighede, het hul besluit dat hul baie graag die basilica wil oorbou, hy was van hout en nou wil hom meer flashy maak. Die rede hoekom Markus gekies was as die “patron saint” was omdat hy die eerste evangelis was wat kom preek het vir die mense van Venice. Die stad wou baie graag die gebeendere van Markus he en dit binne die basilica sit. (Die katolieke, as ek reg is, bere mos belangrike saints se geraamtes as “relics” in hul kerke, ek ken nie regtig die storie agter dit nie) Hul gaan toe na Alexandria, in Egipte, waar Markus se liggaam gehou word (hy was alreeds “patron saint van Alexandria”), steel dit uit die Kerk uit, sit dit in ‘n mandjie onder kool en varkvleis, want die Islam geloof is baie versigtig vir varkvleis, dus kon hul al die hawens en bote verbykom sonder dat wagte hul mandjie deursoek. So die gebeendere van Markus is steeds tot vandag toe in die Basilica, daar is voorop die basilica, ‘n mosaic wat die steel van die beendere uitbeeld, ek het ongelukkig nie ‘n foto daarvan, maar dit was net langs hierdie een gewees, is dit nie amazing om te dink dat hierdie groot prente gemaak is van piepklein 0.5cmx0.5cm teeltjies nie?































Hier is 'n foto van saint marks basilica.



Okey, genoeg geskiedenis (ongelukkig kan mens nie anders om te praat van geskiedenis nie, want dis alles so deel van venice,maar ek sal dit probeer min hou)
Ek en eugene het ongelooflik lank getravel om te kom tot in Venice, Italie is regtig nie ver van ons af nie, maar om te vlieg, of moet ek se, om cheap te vlieg, kan jou nogals ver paaie vat! Ons moes die oggend van Montpellier ry na Marseille, daar 'n vlug vat na frankfurt, op frankfurt wag vir 2 ure, vandaar 'n vlug vat na venice lughawe, by venice lughawe moet jy 'n watertaxi vat na venice self toe (die lughawe is buite die stad, waarvoor ek dankbaar is, ek weet nie of ek die idee laaik van 'n lughawe in die middel van 'n vlei nie.) Ons het seker so 11 uur die aand geland in venice. In my koppie, was ons nou lekker naby ons hotelletjie, ons sal seker darem so 12uur in ons bedjie wees..... o nee, nee, siende dat ons oppad is na 'n stad op water, moes ons eers 'n stuk of 'n kilometer stap na die "taxi stasie", 'n klein kamertjie met banke, wat op 'n flot sit, wat vasgemaak is met kettings aan 'n hawemuurtjie. Nou ek is grootgemaak by die see, en ek het al my share van bootritte gehad, maar laat ek jul nou vertel, ek was nog nie eers 5 min op die flot/wagkamer nie, toe voel ek lekker naaaar!!! Dit voel erger as om op 'n flippen rollercoaster te wees, daai ding hop op en af en ruk dan links en regs en dan kom 'n golf, dan skud hy soos 'n perdekar op 'n sinkplaat pad, nee jinne, ek wil darem nie my vakansie begin met 'n katskietery nie, toe gaan staan ek maar eerder op land. toe begin dit reen. (sug) Dis nat en koud en ons is die enigste twee mense daar, staan en wag vir 'n taxi wat net een keer elke uur kom na 10uur in die aand, moeg en uitgeput na 'n hele dag se travel.... en nou moet ek kies tussen sop nat reen en naarword! Teen half1 kom die taxi toe aangesuiker en ons laat spaander vir die boot, miskien kan ons darem voor 1uur in die bed wees... NOT! Daai boot ry seker 60km/uur en stop by elke liewe "busstop" oppad na ons hotel! Gelukkig is ons hotel 100meter van ons busstop af en het ek vooraf gereel dat iemand daar sal wees as ons laat kom, 2uur is ons toe uiteindelik in die bed!!!!!!

Die volgende dag is ons vroeg uit die vere, want eks so opgewonde ek rol soos 'n tol in die bed rond en wag vir eugene om wakker te word, tot hy nie meer 'n keuse het as om ook maar op te staan nie! Ons hotel is by Saint Mark's Square, dit is ook waar die basilica staan. Kan jul daai advertensie onthou wat hul altyd gespeel het voor 'n movie begin in 'n fliek, die een van die meisie wat sit buite 'n koffieshop en dan begin sy tango met 'n ou, ek kan nie onthou wat hul adverteer nie, maar daai advertensie is hier gemaak.




Dis ook die grootste stuk oop spasie op die hele venice! Die res van venice bestaan uit kanaaltjies en bruggies, maar hier is 'n pragtige square, omring met die mooiste winkeltjies, dis ook hier waar jy Florian's vind!




Florian is 'n koffiehuis, geopen in 1720 en een van die ouste koffiehuise steeds in bestaan in Italie, en dit was een van die mees populere uithangplekke in venice vir baie jare, dit was ook die eerste koffiehuis in venice wat vroue toegelaat het. Hul het een elle lange lys van bekende mense in  die geskiedenis wat al hier koffie gedrink het, onder andere Casanova, seker om meisies op te chat! Hier sit my casanova buite Florian!
Dis verskriklik fancy, en oud, al die tafels is soliede marmer en die muurpapier is geverf met die hand, hul het als nou toegemaak met glas sodat dit nie beskadig moet word nie. Later sal jul nog fotos van die binnekant sien.




Die winkeltjies is bitter mooi, meestal leer handsakke, fur jasse, leer skoene en ander Italianse ontwerpers klere, baie glasware en natuurlik maskers en marionette!





Die storie van Pinocchio is 'n Italianse storie en Italie was baie groot op die hele "puppetry" en maskers in teater. Venice was vir jare lank bekend vir sy maskers, eers net gebruik gedurende Carnevale Maar later het die mense dit sommer heel jaar gedra as 'n manier om hul identiteit weg te steek en meer vrylik in sosiale kringe te kan rond beweeg, 'n geheimsinnigheid aan jou gebring as jy 'n meisie wou flirt, illegal goed aanvang, soos Casanova, jou opmaak soos 'n vrou en 'n klooster binnegaan en die nonne gaan opchat! Nee kyk, daar was 'n tyd toe die mense van Venice lekker die kat in die donker geknyp het...met 'n masker aan! Eugene het vir my 3 pragtige maskers gekoop, wat ek eendag sal raam en in ons huis ophang, jul sal maar moet kom kyk!

Nadat ons eers deur al die winkeltjies geloop het, het ons die res van die stad gaan verken. Ai dit is net ongelooflik mooi, die ou huisies, die klein kanaaltjies, en die gondolas wat stilletjies deur die kanaaltjies vaar, dis nou een ding wat so mooi is van Venice, dis tjoepstil, geen karre wat rondjaag nie, daar mag geen motorbote in die klein straatjies vaar nie, so alles is stil en rustig. En ek was verbaas oor hoe mooi skoon die water is, weet nie of dit is omdat dit winter is en dit baie reen nie, maar daar was geen vuil, stink water soos mense ons vertel het nie! Die water was 'n pragtige blou.

















Ons volgende stop was Rialto Bridge, dit is die oudste brug oor die kanaal, hy is een van 4 wat oor die groot kanaal (die een wat die hele venice deurkruis) loop. Al die klein deurtjies op die brug is klein winkeltjies. Die brug was eers uit hout gebou, twee dele wat teen mekaar geleen het en kon oplig vir groot skepe om verby te kom, maar nadat hy een keer afgebrand het, en twee keer inmekaar gestort het, het hul hom oorgebou in steen, maar in dieselfde styl as die vorige brug. Die uitsig vanag die brug is pragtig, daar is groot waterbusse, klein gondolas en ski-bote wat almal criss-cross onderdeur die brug, ek weet nie hoe hul dit doen sonder om te crash nie, dit is soos om 'n groot 3baan pad dop te hou sonder padtekens en strepe!




oops, ek sien my foto wys geen bote nie, dis die verkeerde foto, hierdie foto is die volgende dag geneem toe dit sondag was en geen verkeer!




Daar was een of ander markie gewees nie ver van die brug, waar hul onder andere hierdie Chestnuts (wat is dit in afrikaans?) gerooster het!



Dit ruik baie lekker en jy kry dit in so 'n pakkie nog so lekker warm! Hulle word gerooster met hul dop nog aan, dan breek jy hom self oop. Eugene het hom eerste getry......





.......en hom te lig gevind.....

Ons is te gewoond aan die "creme de marron" wat ons kry in Frankryk, dis is so 'n "chestnut paste" wat gemaak word van chestnuts wat gekook word saam met suiker en dan ge"mash" is, dis baie lekker op pannekoek en in bulgaarse jogurt. Hierde het nie baie smaak gehad nie.
Maar later het hulle handig te pas gekom toe ons duiwe wou voer!













Daai duiwe is gevaarlik, praat van voorbarig! Ek was 'n oomblik daar bietjie verskrik! Ek weet nie waarvoor was ek die bangste nie, dat hul my ogies gaan uitpik saam met 'n chestnut, dat ek een-of-ander voelgriep stof gaan in-asem of dat hul my gaan betjorts nie!!!
Dit verduidelik hoekom ek lyk soos 'n chinees met 'n vol blaas!



Kyk hoe vol water het die square begin word, eers net halfpad, en later, toe ons weer daar verbyloop oppad hotel toe, was die hele square vol water! Gelukkig het vriende van ons ons gewaarsku dat dit dalk mag vloed (dit vloed so 40keer 'n jaar) so ek het vir my gumboots ingepak, waaroor ek dankbaar was!



Dit raak so hoog dat die winkeltjies begin vloed, dit gebeur vir 'n paar redes: as die wind 'n sekere rigting waai en dit begin hoogwater word en dit reen, weens die invloed van die verskillende getye, bouwerk en invloede op die see en seestrome. Dit is normaal vir 'n paar straatjies om op 'n gereelde basis te vloed, minder gereeld, maar nie ongereeld vloed saint mark square 'n paar sentimeters, maar soms vloed hy so dat jy meer as kuitdiep in die water staan, daar was al 'n paar keer wat dit glo so hoog was dat mense tot hul midlyf in water was (1966), maar dis baie raar. Daar gaan 'n alarm af as die water te hoog raak om winkel eienaars te waarsku en ook bote en gondolas, want dan is die water te hoog vir hulle om onderdeur van die brue te vaar.

















Kyk hoe kom die water deur die stene in die square!










Al die besighede sit sulke loopplanke uit vir die mense om op te loop wat nie gumboots het nie, dit lyk verskriklik snaaks om orals hierdie rytjies mense te sien!







Die aand is ek en eugene mooi uitgevat, want ons het vir ons kaartjies bespreek vir 'n "opera"! Die opera gaan oor die geskiedenis van Venise en ek en eugene dink dis iets wat ons sal geniet, ons was nog nie by 'n opera hier in Europa nie.
Ons gaan eet toe vroeg 'n aandete en drink 'n koffie (check hoe fancy is dit, hul bring jou koffie saam met 'n silwer melkbeker en suikerpotjie! Ek dink ek gaan vir my so oulike stelletjie eendag aanskaf, koffie proe sommer lekkerder as dit in styl gedrink word!)

Ons is vroeg by die Operahuis, baie nuuskierig om die binnekant te sien, maar toe ons daar aankom is ons nog die eerstes daar. Eugene grap toe nog en se hy lag dis so 'n amateur produksie of 'n "one man show". Daar kom toe nog 'n paar mense en ons voel toe beter, maar toe ons instap in die "operahuis", is dit so 'n piepklein verhogie sonder 'n gordyn!!! En ons is net 8 mense in die gehoor!!! Daar is net 4 akteurs, ek is dood bang dit gaan een van daai sing-along produksies wees waar hul mense uit die gehoor gaan haal om deel te neem....en ek en eugene sit flippen HEEL VOOR!!!! Maar gelukkig was ek verniet paniekerig, dit was 'n baie oulike produksie met die 4 akteurs, baie goed gedoen, met musiek en ligte, en rook en 'n projektor, dit was so interessant, want hul "storie" beeld die hele geskiedenis uit, van die maskers,tot die steel van Markus, tot casanova, tot die swart plaag, baie snaaks en genotvol, nou nie heeltemal die "opera" waarvoor ek en eugene gereed was nie, maar 'n aangename plaasvervanger!

Na die tyd het ons koffie gaan drink in Fabians!








Ek het 'n hot chocolate bestel, en toe bring hul vir my letterlik hot. chocolate...dis dik, en warm en soet en net soos gesmelte sjokolade, super ryk, maar soooo lekker! Alles is ook in silver gebring, hul bring die hot chocolate ook in 'n silver bekertjie en skink dit vir jou by jou tafel, dis ongelooflik mooi.






Hier kan jy mooi die muurpapier sien en die goue afwerkings en die marmer tafeltjies. Ek het nog nooit so lekker gesit en koffie (hot chocolate) drink nie, atmosfeer is 'n bestandeel vir lekker koffie en kos. dis 'n feit.





Na die tyd is ek en eugene na die waterbus om 'n vaart deur die stad te vat en die liggies te bekyk (die gondolas ry nie in die aand nie), dit was ONGELOOFLIK koud, ons kan nie binne staan nie, want die ruite is aangewasem, ek dink in die somer moet venice verskriklik mooi wees, maar dan het jy weer die probleem met toeriste en muskiete, hoe ookal, ek was dankbaar dat eugene vir my 'n paar earmuffs gekoop het daardie aand!








Die volgende dag het ons 'n paar goedjies gaan doen wat ons nog wou doen, soos om die kloktoring te gaan klim. (by the way, daar is in venice, 'n "bell tower" en 'n "clock tower", hoe skryf mens die verskil in hul name in afrikaans?!)


Die "bell tower" is 98meter hoog en ons wil opgaan om die view te gaan bekyk, maar die vorige dag was daag weerlig en donderweer en die kloktoring is so hoog dat hy al eenkeer (baie jare terug)geslaan was deur weerlig en toe sommer 'n stuk afgebreek het! So toe wou ons dit eerder maar nie waag nie! Hy het 'n vorige keer ook vir geen rede omgeval en hul is huidiglik besig om hom te restoreer want hy het begin tilt...., so ja, te veel goed wat teen hom tel. Maar toe is ons maar op om die stad van bo te bekyk.




Die view was iets besonders, maar as ek nou na die fotos kyk daarvan, dan is dit teleurstellend, 'n klein kamera kan darem net nie dieselfde diepte kry nie, hier is die mooiste foto van die lot.




Na die toring klimmery is ons toe daar weg om vir ons 'n gondola te gaan vang! Dis verskriklik duur, maar wie weet of ons ooit weer die geleentheid sal kry, so toe doen ons dit maar! Die bootjie is maar dun, en ek weet nie lekker hoe om in te klim sonder om kop eerste die anderkant af te duik nie! Die gondolier se eugene moet eerste inklim en aan sy regterkant gaan sit, die bootjie tilt gevaarlik na regs, ek klim toe in en skuif so ver soos wat die ou spasietjie my toelaat na die linkerkant om te help uitbalanseer. Die gondolier se toe vir my "shift more to my right", ek dog toe eers dis 'n miskommunikasie met die taal barrier, en skuif toe nog na links, "no, no, to my RIGHT, to my RIGHT", se hy weer! Klaarblyklik was sy engels beter as ek gedink het. So ja, toe hoor ek die boot moet so getilt wees na regs, die gondolier, tilt hom ook verder met sy gewig sodat ons onderdeur die lae bruggies kan vaar! Dis senu-tergend!










Selfs eugene lyk bietjie styf in hierdie foto!

Ons gondolier is 'n baie oulike ou, hy praat goed engels en ken venice baie goed.
Die huisies kan mens baie beter sien as mens op die water vaar, hul is so verweer en meeste se onderste vloere is al onderwater! Ek wil nie eers weet wat dit jou kos om jou huis hier in goeie kondisie te hou nie!



Verf dop af, en bakstene is al weg weens erosie, maar dit bly steeds vir my super mooi!






Mense maak tuintjies op balkonne en almal het 'n deur op die kanaal sodat jy jou privaat bootjie kan gebruik.




Party deure is lekker onder water.



Meeste huisies lyk soos hierdie ene, verf is al weg en die onderste vloer word daar water gekeer deur metaal plate. Dis 'n ander manier van lewe, hier in die waterstad! Maar is dit nie net ongelooflik mooi nie? Daar is vir my iets pragtigs in bouvalle en dinge "beyond repair".














Nie lank daarna was ons tydjie in Venice om en was ons oppad na die lughawe met dieselfde ou waterbus. Dit was pragtig en als was mooi, maar die hoogtepunt was die skewe gondola vaart. Hierdie foto is my favourite.

Arriverderci!