gelukkige nuwe jaar! 2010, mag dit 'n jaar wees wat sal uitstaan weens sy goeie memories later in jul lewens
vandag se blog gaan oor die franse, ek het so 'n oulike wyn tydskriffie hier gekoop presies 'n jaar terug, toe my skoonouers hier gekuier het, my frans was nog maar swak en ek het maar net so bo-langs die opskriffies gelees en prentjies bekyk, maar toe nou die dag, gryp ek toe weer die tydskrif en kom toe op hierdie oulike artikel af:
Creer sa cave (create your wine cellar)
Die artikel begin waar die skrywer die verskil uitwys tussen verskillende wyne, daar is wyne wat reg is vir immediate consumption, wat nie beter word met tyd nie, dan is daar die wat weg gebere moet word wat beter raak met tyd. Dit is belangrik om te weet watter wyne val onder watter kategorie, hul word soos volg geklas:
Wyne wat gedrink moet word vinnig nadat dit gekoop word: klas 1 of C1
Wyne wat na 'n jaar of twee eers sy volle potensiaal bereik: klas 2 of C2
en dan die Wyne wat beter raak met ouderdom en mens nie aan raak vir 'n hele aantal jare nie: klas 3 of C3
Nou die ou van die artikel stel voor dat jy gaan sit en uitwerk hoeveel bottels wyn jou gesin drink in 'n jaar, dit sluit nou uit, "table wine of common consumption you quickly buy at a grocery store" en sluit ook uit "wine you buy in a unit for an event or for the pleasure of discovery". Nou, ek is nie presies seker wat hy bedoel met hierdie twee uitsluitsels nie, want dis al wyn wat ons ooit koop vir ons huis - wyn vinnig in 'n winkel vir saam met ete, en wyn vir 'n okkasie, maar volgens die skrywer, behoort jou berekening jou te bring by so om en by 300 bottels per jaar!!!!! Ek het amper op myrug geval! Dit beteken met ander woorde dat die average franse gesin 300 bottels wyn drink in 365 dae en dit sluit UIT spesiale okkasies en tafel wyn! Dis bitter bitter baie wyn! Maar nog elke keer wat ons gaan kuier het by die franse bure, het ek verstom gestaan oor hul wyndrink vermoens, en dis nie asof hul drink om dronk te raak nie, dis net hoe dit gedoen word, hier is 'n paar fotos wat my suster geneem het toe sy hier was. Ons het gaan braai by ons bure se huis, let op die wyne:
Hier is ons om die tafel, gereed om te eet, voor ete het ons elk 'n aperitif geniet, ek dink dit was sjampangne.
Hier "salut" ons, ek is nog besig met my ou champagne-kie, hul het nou al oorgeskuif na rose toe saam met die ete.
O hier is die foto van die aperitif: eugene het 'n bier gekry, maar kyk daar is al klaar 'n halwe bottel rose. Eugene eet hier baba squids van spanje, dis nie baie lekker nie.
Nee kyk, ons SA is darem nie so gulsig nie, eendag sal ek jul nog vertel hoe moet wyne mekaar opvolg as jy 'n ete moet voorberei, volgens die franse.
Ek onthou eendag was ek op die lughawe (dis toe magdel kom kuier het), toe was daar 'n franse omie wat gewag het vir 'n vlug, hyhet syrugsakkie oopgemaak, 'n lappie uitgehaal, dit op die bankie langs hom oopgesprei, 'n glasie uitgehaal, 'n bottel rooiwyn, 'n stukkie baugette, twee lemoene en 'n gedroogde worsie. lekker aperitif voor sy vlug!
Die res van die artikel is baie interessant, ek skryf dit hier vir julle vir die wat belangstel:
Eerste jaar koop jy die volgende aan:
1) 300 bottels C1
2) 100 bottels C2
3) 100 bottels C3 ------------------------ in jou cellar is 200 bottels wyn oor
Tweede jaar:
1)koop 200 bottels C1
2) koop 100 bottels C2
3)koop 100 bottels C3
4) jy drink 200 bottels C1 en 100 bottels C2 van die eerste jaar
--------------------------einde van jaar het jy 300 bottels wyn oor
Derde jaar:
1)koop 200 btls C1
2)koop 100 btls C2
3) 100 btls C3
4) jy drink 200btls C1, 100 bottels C2 van die tweede jaar
-------------------------------einde van jaar het jy 400 bottels wyn oor
Vierde jaar:
1) koop 150 btls C1
2) koop150 btls C2
3) koop 100 btls C3
4) jy drink 150 btls C1, 100 btls C2 van die derde jaar
5) En uiteindelik, 50 bottels C3 van die eerste jaar
------------------------------einde van jaar 500 bottels
En so het jy dan in vier jaar vir jou 'n goeie collection opgebou wat jy nou op dieselfde manier NOG kan vergroot, of andersins net instand kan hou oor die komende jare, afhangende van hoe groot jy wil gaan.
So nou die volgende vraag is, hoe weet jy watter wyn val in watter kategorie? Oor die algemeen se hy dat jy volgens die prys van die wyn kan gaan: C1 wyne is gewoonlik wyn wat 1 of twee jaar oud is en onder 2 euro kos (in SA seker wyne onder R20, maar dan ook, ek was so lanklaas in SA ek weet nie eers meer of jy wyn kry vir R20 nie, in elk geval, dis wyne soos Four cousins se Rose, cheap, en lekker, dadelik.) C2 wyne is duurder wyne , 6 Euro (R60) se kant en C3 is dan nou die duur wyne.
Hier is 'n voorbeeld van wyne wat eerste jaar aangekoop kan word:
C1 wyne: 12 bttls muskadel, 12 bttls sauvignon, 12 bottels droe witwyn, 12 bottels rose, 12 bttls beaujolais (gamay druiwe, ligte rooiwyn met hoe acidity), 24 bottels pinot noir, 12 bttls sparkling wine - soos JC le roux., 24 bottels rooi wyn eie keuse
C2+3: 24 bttls bordeaux (rooi wyn), 12 bttls bourgognes (rooi wyn), 12 cote-du-rhone (ook rooiwyn) 1 bottel geel wyn (ja mens kry geel wyn, lees bietjie op oor vin jaune de jura ek het nog nie geproe, maar mense se dis sleg, net "fancy".
So daar het julle dit. Ek vind dit baie interessant, ek wens ek kon 'n keller begin (natuurlik op baie kleiner formaat!!!!!) maar jy betaal nogals duur om jou wyn collection terug te vat SA toe, jy moet tax betaal op enigiets meer as 4 bottels wyn. En dan praat ons nie eers oor die gewig van so 'n trek nie......
Lekker dag vir julle, wens jul was hier dan kon ons 'n ou botteltjie bordeaux gepop het en lekker gesels het, vir die wat belangstel, ek het 'n lecture oor verskillende wyn streke en tipes wat ek eendag met jul sal deel op die blog. Liefde groete