
Hallo almal!
Kan jul glo ek is so vinnig weer terug op die blog!
Vandag het die inspirasie my sommer oorval, want julle sal my nou nie glo nie, ek het die Tour de France in lewende lywe gesien!
Dit is Stage 4 van die resies ('n time trial) vandag en dit begin en eindig in MOntpellier! En vir ons is dit NOG cooler want die baan loop reg langs ons buurt verby en eindig by eugene-hulle se rugbystadium! Vanoggend vroeg is ek en Leela al uit vir 'n stappie om die commotion te gaan bekyk in die strate! oral was stalletjies en blokkades opgerig. Net toe ek in die straat voor ons huis stap, stop daar 16 polisie kombies en 2 polisie busse vol polisiemanne! Goodness, dit is biejie bedrygend om jou weg te probeer vind tussen 'n SWERM polisiemanne, ek het nog nooit soveel mense in uniform bymekaar gesien nie, hul was oppad om hul posisies in te neem op verskeie plekke langs die pad om seker orde te behou. Aangesien my kennis van die Tour de France nie regtig up-to-date is nie, het ek eers weer huistoe geloop om op Wikipedia 'n bietjie te gaan "opskerp". Nadat ek myselfs ge"educate" het, het ek en Leela weer die pad na die baan aangepak met my kamera.
Die stage het begin in Montpellier middestad, by La Comedie, vandaar het hul uit Montpellier uit gery, in 'n halfmaan om, en dan weer naby ons huis die dorp ingekom. Ons deel was op die 32Km merk, baie naby aan die einde, so ons moes 'n rukkie wag voor ons enige fietse te siene kon kry.
Laat ek nou vir julle vertel, daai fietsies kom met een helse spoed verby! My eerste 3 fotos was heeltemal te laat, my 4de een was geblur en my 5de foto was net hul koppe! Jy het nie baie tyd om fotos te neem nie!
Toe dit tyd was vir Lance Armstrong se span om weg te spring is ek en Leela weer oppad. Ons kry die keer 'n lekker plek om te staan, so naby 'n draai dat ek van ver af kan sien as hul aankom. Ek toets sommer 'n paar keer my kamera sodat ek tog nie 'n foto mis van Lancie nie en voor ek my oe kon uitvee, is die laaste 4 spanne verby!
En ja hier is die wenner foto!
En so vinnig soos dit begin het, so vinnig is die resies verby. 'n Uur later het die polisie al die padblokkades verwyder, strate is skoongemaak en die lewe in ons straat weer terug na normaal. Al wat nog die teenwoordigheid van die Tour de France weggee is dat die hele buurt se kinders op hul fietse is, geinspireer deur die resies!
Nouja julle almal moet lekker slaap, ek is al klaar half aan die slaap, Leela le ook hier onder die bank uitgeput van al die aandag. Mis julle almal en groete van Eugene!