Wednesday, July 29, 2009

Leela die furball

Hallo al die familie en vriende!
Ja flip, kan jul glo, nog 'n blog so vinnig op die ander, I'm on a roll!!!! Eintlik is hierdie een nou nie ;n volwaardige blog nie, maar ek moes net ietsie skryf oor ons nuwe baba en fototjies wys! Wat verwag julle! eks 'n trotse mamma! Let wel, al die fotos lyk of dit op dieselfde dag geneem is, maar dis omdat my kamera op die boekrak langs in die sitkamer is en ek hom vinnig kan gryp as sy speel of iets ouliks doen, ek sal probeer om bietjie buite ook fotos te neem, 'n bietjie change of backdrop.




Ag ek wou sooooooo graag 'n ou hondjie he! Al die foreigners hier in frankryk het of kinders of honde, ek was die enigste odd one out! Ek het gesoebat en gesmeek en al wat 'n pragtige scenario aan eugene gespin, maar nee, hy wou nie budge nie. Dit was nou al 'n hele jaar terug! Maar toe hier by April hierdie jaar, so uit die bloute, kyk ons toe eendag 'n program oor honde, en hier se eugene dat ek maar vir my 'n hondjie kan kry!!!!!!! My hondjie-obsessed hart het amper gaan staan van opgewondenheid, en 'n maand later het ons vir Leela gaan haal!

Leela (Lilas in Frans, dit is 'n franse blom) is 'n Coton de Tulear, wat Frans is vir "cotton of Tulear", dit is die hoofstad van Madagaskar. Hulle is die nationale hond van Madagaskar. Niemand weet presies hoe hierdie klein wollerige hondjies op Madagaskar gekom het nie, maar meerderheid glo dat 'n skip gesink het naby die stad Tulear van Madagaskar en toe spoel daar hierdie hondjies uit, die mense van madagaskar het hul begin mak maak en net die koning en amptenare was toegelaat om hulle aan te hou, later het hulle van die hondjies na die belangrike mense in frankryk gestuur en so het hul storie begin.

Dit is die ougatste hondjies, hulle blaf nooit (ek belowe, party dae wonder ek of sy ooit stembande het, sy maak nooit 'n geluid nie, so af en toe knor sy vir haar speelgoed, maar dit is dit), hulle is baie vriendelik met ander honde en diere, hou van kinders, en hulle hare val nie uit soos ander honde se hare nie. Hulle is slim, en perfek vir woonstel lewe omdat hul klein is en ook baie rustig is.


Leela is 'n regte ou luigatjie, sy doen alles in le posisie! Selfs as ons "tug-of-war" met haar speel, dan le sy en ons moet haar rondtrek! Al wanneer sy skynbaar energie kry is wanneer ons net wakker word (en nog lekker deur die mis is, dan wil sy nou speel) en in die aand as die son sak, dan is sy gereed vir enigiets! Sy hardloop soos 'n resiesperd hier deur die flat en as sy dit net waag om te beweeg dan byt sy jou hakke! As ons 'n bal of iets vir haar gooi, dan hardloop sy nie tot daar nie, nee, sy spring soos 'n haas tot bo-op die bal! net soos tiger van winnie the pooh! as sy nie passop nie, sal 'n hond dink sy is 'n haas met haar fluffy hare! En sy is baie soet, BEHALWE, as sy 'n kous sien rondle sonder supervisie! Sy LOVE eugene se rugbykouse, veral as hul ook nog so bietjie stink, freak. Dan kou sy hom en skud hom en geniet haarself.

Die ander dag het sy, terwyl ons by kerk was, die sak met charcoal op die stoep ontdek en hom heeltemal oop geskeur! Toe ons by die huis kom word ons gegroet deur 'n vieslike vuil hondjie, dit lyk asof sy 'n ou mynwerkertjie was!


Sy kry net so vinnig warm soos haar pa en snags le sy voor die aircon op haar rug met haar voete in die lug en slaap!


Ons is oortuig dat sy defnitiewe franse bloed het, want sy sit nie haar mond aan braaivleis nie, maar sy LOVE kaas en wyn (ek hoop nie die SPCA lees hierdie blog nie, dit is als eugene se skuld, gelukkig was dit net 'n klein bietjie op sy vingers) en kan nie wag om 'n bakkie jogurt uit te lek nie!

Sy is glad nie bang vir water nie, ons het haar juis vandag bietjie laat swem in die rivier. As sy

nat is is sy hond lelik! sy is so maer met kort beentjies en 'n groot kop, sy lyk regtig nie mooi nie, sy het defnitief haar hare nodig! As sy op die strand is dan grou sy gate om in te le, as die gat nie groot genoeg is nie, dan stoot sy die sand weg met haar neus, dis flippen snaaks en ons lag ons pap vir haar! Sy lyk soos 'n mol!


Verder is sy vinnig om te leer, sy ken al sit, le, wag, dans en kom (maar is 'n bietjie stadig met die kom, sy vat bietjie kanse, veral as sy moeg is en op die mat le, dan wil sy nie altyd so lekker kom nie) sy is 'n regte ou stertjie, ek kan nie my draai nie dan is sy daar, sy volg my letterlik die hele dag van een kamer na 'n ander, selfs al gaan ek net gou kombuis toe om water te gaan haal, dan is sy daar, ek begin haar nou al leer om by die deur te wag tot ek haar roep, want anders kan ek niks gedoen kry nie, sy is heeltyd onder my voete want sy wil met haar kop op my voete le en slaap.

Sy is nie so erg mal oor hare kam nie (iets wat baie gereeld moet gebeur met daai boskasie van haar!) maar ek probeer haar maar van kleins-af gewoond maak daaraan, want kyk, daai hare is soos 'n magneet vir bossies en takkies en rugbyluise! Sy haat dit om in dooie blare of bosagtige terreine te loop, sy lig haar voetjies so hoog op, want sy weet dit sit vas aan haar hare!

Ag en ons is so lief vir haar, sy is 'n wenner. Ons hoop jul sal haar eendag ontmoet, ons beplan om haar terug te vat Suid-Afrika toe, miskien met 'n seuntjie maatjie, en klein baba Cotons de tulears te maak!


Liefde aan almal

arina, eugene en leela (woef-woef)