Tuesday, October 20, 2009

Pezenas

Hallo julle! Ek stuur vir julle hierdie groot mushroom prentjie en hoop julle kan vir my resepte stuur vir enige dis waarvoor ek hierdie menere kan gebruik! Is dit nie net mooi nie! Herfs tyd is mushroom tyd in Frankryk en jy kry die grootste grotes tot die piepkleinste kleintjies!




Ons het saterdag so bietjie besluit om weer 'n ou plekkie te gaan besoek en toe besluit op Pezenas, 'n dorpie nie ver van Montpellier, met ons geluk is daar toe 'n lekker markie aan die gang en dis toe waar ek hierdie sampioene afgeneem het. Daar is letterlik duisende verskillende soorte 'shrooms in Frankryk, ek ken hul nou nie so goed nie, maar ek is mal oor hul name:

Hierdie grotes word Cepes genoem, geen idee wat jy met hul maak nie, maar maak hul jou nie net LUS om te eet nie!Dan kry mens natuurlik die champignon de paris dis die knopie sampioen wat mens vollop kry in SA, daar is ook pied de mouton, wat vertaal word as skaap pooitjies, en hul lyk nogals soos pooitjies. Dan is daar die trompette des morts, wat "trumpets of death" vertaal word, hul lyk soos 'n trompet en hul is swart, dis seker maar vandaar die "death" deel, want seriously, sy naam laat hom giftig klink! Pleurote is nog een, in Grieks beteken die "side ears" want hul het sulke frilletjies langs die kante soos ore. Lactaire delicieux is 'n duur sampioen, wat se naam afkomstig is aan sy goeie smaak en dat hy spierwit is, hy word ook genoem safran en provence omdat dit so moeilik is om in die hande te kry. En dan natuurlik die truffe, 'n baie rare sampioen wat bekend is as swart diamante hier. Dit groei onder die grond en jyt 'n vark nodig wat sy storie ken om dit vir jou uit te snif. Glo ruik die sampioen soos 'n mannetjies vark ....nou as iets ruik soos 'n vark......dan weet ek nie regtig of ek dit naby my mond wil bring nie, maar nouja. Oja, en dit lyk soos "an ancient mummie's testicle" was nie MY beskrywing nie, maar die beskrywing wat eenkeer op TV daaraan gegee is! Maar besluit vir julle self:

Ons het nog nie die "voorreg" gehad om 'n truffle so vars (van die graf?) van die grond af te eet nie, maar nou die dag het ons wel 'n truffle pesto gekoop vir pasta. Interessante smaak, ek wil se "musty", maar dis moontlik net my verbeelding!!!! hehehe nee, ernstig, dit kan lekker wees 'n bietjie op 'n pasta of saam met 'n steak of iets, maar as ek nou baie geld gehad het en kon iets raars bekostig, sou dit eerder perlemoen of kreef wees!!! maar het jy al daaraan gedink, als wat duur en raar is, is dinge wat nou nie juis vir my awesome is nie: caviaar, shark-fin soup, regte sjampange (glo my, dis nie so lekker soet soos JC le roux nie), birds' nest soup, Kopi Luwak (daai raarste koffie in die wereld, die bone word geeet deur 'n wilde kat/muis dier, maar hy kan glo nie die bone verteer nie, so dan word dit weer "uitgeskei" en dis glo die dier se maagsappe wat die bone hul spesiale smaak gee), mopanie wurms, nee, maar dankie, bring maar eerder vir my die kreef, en 'n bordjie slap tjippies!!!


Nouja klaar vir eers met die "fine cuisine" lesse, kom ons praat eerder oor Pezenas. Pragtige ou dorpie, ek weet nie juis van enige belangrike geskiedenis nie, maar dat hy oud is kan mens sien.





































Ons het deur die strate gewandel en winkeltjies bekyk en 'n CD gekoop by 'n groepie musikante wat vir die markie-gangers musiek gemaak het.

















Ek weet ek het al so baie fotos op die blog gelaai van markies, maar dit bly net vir my so mooi, ek moet hul afneem, dis nou een ding wat ek baie gaan verlang as ons teruggaan SA toe eendag....




Kyk net al daai worse en vleise, wat vir my baie interessant is van die franse, is dat almal maar almal so op en top is met hul kennis van kos en wyn! Ek het nou al 3 franse resepte boeke wat mense vir my geleen het, my franse juffrou skryf gereeld vir my nog 'n resep neer wat sy eweskielik onthou verskriklik lekker is en ek tog MOET onthou, en net vandag vertel ek vir die tannie af in ons straat dat ek 'n franse hoender dus vir kersfees wil maak, toe val sy my sommer in die rede en se nee, ek moet 'n vis gaarmaak met capers en tamaties want dis meer tipies van ons area as die ou hoender dis wat ek glo wil maak, net daar moet ek eers resep afskryf. Ek sien in my woordeboek dat dit 'n haai is wat ek moet gaar maak...... die franse en hul weird kosse.


Ek en eugene het 'n paar maande terug vir ons paddaboudjies gaar gemaak! Ons moes darem net check waaroor die hype gaan, so toe koop ons 'n pakkie gevriesde paddaboudjies in die winkel. Ons her nie regtig geweet hoe maak mens die potsierlike goedjies gaar nie, maar toe gooi ons hulle maar in die pan met knoffel (when in doubt, use knoffel) en suurlemoensap. Ons het darem saam met dit twee tuna steaks gaar gemaak net vir ingeval ons nie die paddaboudjies like nie, maar toe is dit nie te bad nie.....dis net....die IDEE dat jy padda eet is minder aptytwekkend, maar eugene was nie so afgesit soos ek nie. Hy het vir 'n oomblik oorweeg om die left-overs die volgende dag te eet op 'n broodjie, maar die idee van "paddabroodjie" het om ook weer daarteen laat besluit!


Janee, die franse is nie vol fiemies nie! Glo eet 'n gewone franse familie tenminste een keer 'n week haas. Ons eet hom so af en toe, hy is nie te sleg nie, maar ek koop hom klaar gaar, want hier in Frankryk as jy hom rou koop het hy nog fur op sy oortjies en pootjies en dit breek my hart!
Nog iets wat hul nie voor gril nie is seepampoentjies! Hul eet dit ook. Bokmelk is ook iets waarvoor hul nie gril nie, natuurlik, en moenie laat ek eers begin praat oor gemufde kaas nie.
En almal ken hul wyne! Dis amazing, jy kan enige persoon gaan vra watse wyn jy moet koop of bestel en hul sal jou kan se in 'n oogwink. Dis ook 'n feit dat dit goedkoper is om wyn in 'n restaurant te bestel as wat dit is om water te bestel! imagine! Ook hier drink jy 'n ander tipe wyn saam met elke gang van jou maaltyd. Jy begin met 'n aperitif van kom ons se rose, dan drink jy witwyn saam met jou slaai, dan drink jy byvoorbeeld 'n rooiwyn saam met jou vleis en hoofmaal, dan drink jy 'n droer wyn saam met jou kase, dan drink jy iets minder soet saam met jou poeding, en dan drink jy 'n likeur, muskadel of sherrie om met digestion te help. En dis hoe jy dit doen in Frankryk!
Noutoe lekker slaap julle almal, ek het myself nou honger gepraat en gaan nou eers ons koskas deursoek vir ietsie lekker, en ietsie lekkers in MY oe, soos 'n lekker peanutbotter en jam broodjie. JAMMMMMM

Saturday, August 8, 2009

Somer in die Suide van Frankryk

Hierdie week het die winter nou behoorlik aangebreek hier in die Suide van Frankryk, ek sit hier met 'n top van eugene aan, met 'n hoodie oor my kop, 'n dik kombers oor my lyf en 'n lekker warm leela lyfie teen my voete. Dis nou eers 4uur en ek het al klaar 4 koppies koffie gedrink, maar ek het myself belowe dat van more af ek net 2 'n dag gaan drink, al raak dit HOE koud!

Ai die somer was so lekker lank hierdie jaar, dit het al in Mei begin en in September het ons nogsteeds kortmou klere gedra en gaan swem. Ek hoop nie ons winter probeer opmaak vir "lost times" deur kouer te wees as laas jaar nie, maar ons kyk maar, tenminste is Eugene gereed vir die winter! Hy het hierdie seisoen nog 'n parka gekry as deel van sy rugby "kit" (elke seisoen kry hul nuwe klere want die sponsor verander elke jaar) en die somtotaal van groot, donskombersagtige jasse wat hy nou besit is nou al 4! Ons spaarkas lyk soos 'n klerewinkel in antarktika, dis net jasse en sneeuboots en nog parkas en serpe, ek weet nie of ons ooit die klere weer sal dra as ons SA toe kom nie, miskien as ons by eugene se ouers gaan kuier in die noord-kaap!

Na ons trippie Griekeland toe was ek en Eugene maar rustig hier by die huis vir die res van die vakansie en somer. Besluit om maar die aktiwiteite in ons omgewing aan te pak, onder andere het ons gaan kanoe hier by 'n rivier hier naby montpellier.
Check hoe sportief lyk my man, ons het bietjie gesukkel met 'n groot genoeg lifejacket, die franse mannetjies is ietwat aan die skraalkant in vergelyking met 'n stuk vleis soos hierdie een, maar ons het oor die weg gekom. Dit is 'n tweeman kanoe en die spane was enkel spane , nie daai met twee koppe nie. Ons het maar gesukkel met die samewerking van die roei, meestal omdat ek en eugene twee uiteenlopende sienings van die roeisessie gehad het, jy sien, eugene was daar om te ROEI en die bestemming te bereik, check sy foto, hy lyk skoon professioneel, en ek aan die anderkant, check my foto:

Exhibit A:

hehehe dit lyk meer of ek rare motsoorte gaan bestudeer as roei! wat wel op die ou end gebeur het, want eugene se arms is 10maal sterker as myne, so ons bootjie ry meer in sirkels as reguit en na 'n ruk het eugene maar die roei oorgeneem en ek het fotos geneem. Dis pragtig, jy roei op met die rivier wat 'n pas uitgekerf het deur hoe rotse, die water is helder en blou
en jy roei onderdeur 'n ou romeinse brug tot by 'n uitmonding van die rivier.

Pont du diable is sy naam wat beteken devil's bridge, interessante naam siende dat dit gebou was deur monnike!

















Ek en eugene het 'n paar keer die somer sommer vir die dag hierheen gery om te kom swem en tan, in Montpellier mag jy nie jou hond strand toe neem nie, maar hier is onde nie verbode nie, en die water is koud en diep. Pont du diable is ook nie ver van St guilhem le desert af nie, so 5min se ry en in die piepklein dorpie se square is 'n kafeetjie wat die lekkerste pizza's maak.


Ek dink ek het al 'n stukkie geskryf oor St guilhem le desert, maar vir re-cap: dis piepklein en doodstil en bestaan hoofsaaklik uit 'n abbey en 'n square en daar is 'n rivier wat reguit deur die dorpie loop, sommer onderdeur van die huise.

Daar is 'n pragtige staproete en eendag na 'n lekker pizza besluit ek en eugene dat ons die staproete gaan loop. Ek is seker dat iemand my gese het daar is 'n waterval so 5min in die stap in en ek kan my amper verbeel dat toe eugene se ouers kom kuier het, ons die waterval gehoor het, maar eugene stry met my. Na 'n uur se stap, ons beide met net plakkies aan en dis berg op, het ons nog nie 'n waterval gesien of gehoor nie.....maar dit was pragtig tenminste!

Alles was groen en daar was brame oral langs die pad waaraan ek kon smul, eugene was bietjie skepties oor die brame, bang dis nie regtig brame nie en volgens hom kan ons nie beide dit eet nie, want hy kan my tenminste dra as ek siek word maar wie gaan hom dra! ek kon nie stry teen sulke wysheid nie! ek gaan hom verseker nie probeer dra nie!

Omdat die somer was, raak die rivier later net 'n klein stroompie, maar steeds, oral sien mens trout swem, daar is dele waar die rivier net 'n poel water is, maar dan swem daar trout! Een omie het voor sy huis die poel afgekamp en trappies afgebou na sy private poeletjie toe waar hy trout aanhou en kom vang met die hand as hy een wil gaarmaak! net langs die poel is daar 'n klein stukkie land waar hy tamaties en andr groentetjies groei, wat 'n lekker lewe!

Hier sit eugene en ek by die naaste ding wat ons op die ou einde aan 'n waterval kon kry, maar net 'n ou stroompie, maar leela het dit gate uit geniet, sy was sopnat en as vaal van die stof

Eugene het ook vir my 'n fiets gekoop vir die somer sodat ons lekker kan gaan fietsry wanneer dit vakansie is. Hier is die liefdes in my lewe, ons het 'n stoppie langs die pad gemaak vir leela, sy mag nog nie te lank aanmekaar hardloop nie, dis glo nie goed vir honde wat nog nie volgroeid is nie.

Verder was ons natuurlik baie see toe, gaan tan, of tenminste probeer, want Leela het hierdie vieslike gewoonte om gate te grou en soos wat dit nou sal uitwerk is eugene altyd die arme teiken vir vlieende sand!








Hier het ons vir leela begrawe, het gedog sy sou struggle en probeer uitgrou, maar toe laaik sy dit! Syt tjoepstil gele en selfs lank daarna nogsteeds onder die sand bly le!
Kyk hoe vuil kleur is die sand, dis weird as mens net gewoond is aan spierwit sand soos op struisbaai.
En ja, verder het ons die res van die somerdae voor die aircon deurgebring, met lekker waatlemoen en spanspek! Ek hoop ek het jul nou almal lekker lus gemaak vir somer, toemaar, hy is amper daar in SA, geniet hom, en dink maar aan ons hier in ons parkas!
(brrrrrrrrrrrrrrr)

Wednesday, July 29, 2009

Leela die furball

Hallo al die familie en vriende!
Ja flip, kan jul glo, nog 'n blog so vinnig op die ander, I'm on a roll!!!! Eintlik is hierdie een nou nie ;n volwaardige blog nie, maar ek moes net ietsie skryf oor ons nuwe baba en fototjies wys! Wat verwag julle! eks 'n trotse mamma! Let wel, al die fotos lyk of dit op dieselfde dag geneem is, maar dis omdat my kamera op die boekrak langs in die sitkamer is en ek hom vinnig kan gryp as sy speel of iets ouliks doen, ek sal probeer om bietjie buite ook fotos te neem, 'n bietjie change of backdrop.




Ag ek wou sooooooo graag 'n ou hondjie he! Al die foreigners hier in frankryk het of kinders of honde, ek was die enigste odd one out! Ek het gesoebat en gesmeek en al wat 'n pragtige scenario aan eugene gespin, maar nee, hy wou nie budge nie. Dit was nou al 'n hele jaar terug! Maar toe hier by April hierdie jaar, so uit die bloute, kyk ons toe eendag 'n program oor honde, en hier se eugene dat ek maar vir my 'n hondjie kan kry!!!!!!! My hondjie-obsessed hart het amper gaan staan van opgewondenheid, en 'n maand later het ons vir Leela gaan haal!

Leela (Lilas in Frans, dit is 'n franse blom) is 'n Coton de Tulear, wat Frans is vir "cotton of Tulear", dit is die hoofstad van Madagaskar. Hulle is die nationale hond van Madagaskar. Niemand weet presies hoe hierdie klein wollerige hondjies op Madagaskar gekom het nie, maar meerderheid glo dat 'n skip gesink het naby die stad Tulear van Madagaskar en toe spoel daar hierdie hondjies uit, die mense van madagaskar het hul begin mak maak en net die koning en amptenare was toegelaat om hulle aan te hou, later het hulle van die hondjies na die belangrike mense in frankryk gestuur en so het hul storie begin.

Dit is die ougatste hondjies, hulle blaf nooit (ek belowe, party dae wonder ek of sy ooit stembande het, sy maak nooit 'n geluid nie, so af en toe knor sy vir haar speelgoed, maar dit is dit), hulle is baie vriendelik met ander honde en diere, hou van kinders, en hulle hare val nie uit soos ander honde se hare nie. Hulle is slim, en perfek vir woonstel lewe omdat hul klein is en ook baie rustig is.


Leela is 'n regte ou luigatjie, sy doen alles in le posisie! Selfs as ons "tug-of-war" met haar speel, dan le sy en ons moet haar rondtrek! Al wanneer sy skynbaar energie kry is wanneer ons net wakker word (en nog lekker deur die mis is, dan wil sy nou speel) en in die aand as die son sak, dan is sy gereed vir enigiets! Sy hardloop soos 'n resiesperd hier deur die flat en as sy dit net waag om te beweeg dan byt sy jou hakke! As ons 'n bal of iets vir haar gooi, dan hardloop sy nie tot daar nie, nee, sy spring soos 'n haas tot bo-op die bal! net soos tiger van winnie the pooh! as sy nie passop nie, sal 'n hond dink sy is 'n haas met haar fluffy hare! En sy is baie soet, BEHALWE, as sy 'n kous sien rondle sonder supervisie! Sy LOVE eugene se rugbykouse, veral as hul ook nog so bietjie stink, freak. Dan kou sy hom en skud hom en geniet haarself.

Die ander dag het sy, terwyl ons by kerk was, die sak met charcoal op die stoep ontdek en hom heeltemal oop geskeur! Toe ons by die huis kom word ons gegroet deur 'n vieslike vuil hondjie, dit lyk asof sy 'n ou mynwerkertjie was!


Sy kry net so vinnig warm soos haar pa en snags le sy voor die aircon op haar rug met haar voete in die lug en slaap!


Ons is oortuig dat sy defnitiewe franse bloed het, want sy sit nie haar mond aan braaivleis nie, maar sy LOVE kaas en wyn (ek hoop nie die SPCA lees hierdie blog nie, dit is als eugene se skuld, gelukkig was dit net 'n klein bietjie op sy vingers) en kan nie wag om 'n bakkie jogurt uit te lek nie!

Sy is glad nie bang vir water nie, ons het haar juis vandag bietjie laat swem in die rivier. As sy

nat is is sy hond lelik! sy is so maer met kort beentjies en 'n groot kop, sy lyk regtig nie mooi nie, sy het defnitief haar hare nodig! As sy op die strand is dan grou sy gate om in te le, as die gat nie groot genoeg is nie, dan stoot sy die sand weg met haar neus, dis flippen snaaks en ons lag ons pap vir haar! Sy lyk soos 'n mol!


Verder is sy vinnig om te leer, sy ken al sit, le, wag, dans en kom (maar is 'n bietjie stadig met die kom, sy vat bietjie kanse, veral as sy moeg is en op die mat le, dan wil sy nie altyd so lekker kom nie) sy is 'n regte ou stertjie, ek kan nie my draai nie dan is sy daar, sy volg my letterlik die hele dag van een kamer na 'n ander, selfs al gaan ek net gou kombuis toe om water te gaan haal, dan is sy daar, ek begin haar nou al leer om by die deur te wag tot ek haar roep, want anders kan ek niks gedoen kry nie, sy is heeltyd onder my voete want sy wil met haar kop op my voete le en slaap.

Sy is nie so erg mal oor hare kam nie (iets wat baie gereeld moet gebeur met daai boskasie van haar!) maar ek probeer haar maar van kleins-af gewoond maak daaraan, want kyk, daai hare is soos 'n magneet vir bossies en takkies en rugbyluise! Sy haat dit om in dooie blare of bosagtige terreine te loop, sy lig haar voetjies so hoog op, want sy weet dit sit vas aan haar hare!

Ag en ons is so lief vir haar, sy is 'n wenner. Ons hoop jul sal haar eendag ontmoet, ons beplan om haar terug te vat Suid-Afrika toe, miskien met 'n seuntjie maatjie, en klein baba Cotons de tulears te maak!


Liefde aan almal

arina, eugene en leela (woef-woef)




Tuesday, July 7, 2009

Tour de France



Hallo almal!

Kan jul glo ek is so vinnig weer terug op die blog!

Vandag het die inspirasie my sommer oorval, want julle sal my nou nie glo nie, ek het die Tour de France in lewende lywe gesien!

Dit is Stage 4 van die resies ('n time trial) vandag en dit begin en eindig in MOntpellier! En vir ons is dit NOG cooler want die baan loop reg langs ons buurt verby en eindig by eugene-hulle se rugbystadium! Vanoggend vroeg is ek en Leela al uit vir 'n stappie om die commotion te gaan bekyk in die strate! oral was stalletjies en blokkades opgerig. Net toe ek in die straat voor ons huis stap, stop daar 16 polisie kombies en 2 polisie busse vol polisiemanne! Goodness, dit is biejie bedrygend om jou weg te probeer vind tussen 'n SWERM polisiemanne, ek het nog nooit soveel mense in uniform bymekaar gesien nie, hul was oppad om hul posisies in te neem op verskeie plekke langs die pad om seker orde te behou. Aangesien my kennis van die Tour de France nie regtig up-to-date is nie, het ek eers weer huistoe geloop om op Wikipedia 'n bietjie te gaan "opskerp". Nadat ek myselfs ge"educate" het, het ek en Leela weer die pad na die baan aangepak met my kamera.

Die stage het begin in Montpellier middestad, by La Comedie, vandaar het hul uit Montpellier uit gery, in 'n halfmaan om, en dan weer naby ons huis die dorp ingekom. Ons deel was op die 32Km merk, baie naby aan die einde, so ons moes 'n rukkie wag voor ons enige fietse te siene kon kry.

Laat ek nou vir julle vertel, daai fietsies kom met een helse spoed verby! My eerste 3 fotos was heeltemal te laat, my 4de een was geblur en my 5de foto was net hul koppe! Jy het nie baie tyd om fotos te neem nie!
Nadat die 4de Span verbygekom het, het ek en Leela weer huistoe gegaan om te gaan hoor wat hul als se op die TV en hoe die tye al lyk. Leela was ook uitgeput, want die buurt se kinders het op haar neergedaal en wou almal speel, die klomp franse kindertjies is oulik, maar almal vra so baie vrae in Frans, ek weet meerderheid van die tyd nie regtig wat hul vra nie, ek antwoord maar wat ek dink hul vra, is seker van nou af bekend as die weird psycho tannie wat onsamehangend is, maar Leela was bly vir speelmaatjies. Dit was so cool om op TV te sien hoe hul uit die lug uit afneem waar die ouens ry en dan vanuit my sitkamer die helikopter te kan hoor waaruit hul film! Dit was so exciting!

Toe dit tyd was vir Lance Armstrong se span om weg te spring is ek en Leela weer oppad. Ons kry die keer 'n lekker plek om te staan, so naby 'n draai dat ek van ver af kan sien as hul aankom. Ek toets sommer 'n paar keer my kamera sodat ek tog nie 'n foto mis van Lancie nie en voor ek my oe kon uitvee, is die laaste 4 spanne verby!

En ja hier is die wenner foto!
Die tweede fietsryer op hierdie foto is Lance Armstrong, hy was so naby ek sou hom kon raak spoeg! Die mense het mal gegaan! Dit was regtig 'n ongelooflike belewenis.

En so vinnig soos dit begin het, so vinnig is die resies verby. 'n Uur later het die polisie al die padblokkades verwyder, strate is skoongemaak en die lewe in ons straat weer terug na normaal. Al wat nog die teenwoordigheid van die Tour de France weggee is dat die hele buurt se kinders op hul fietse is, geinspireer deur die resies!

Nouja julle almal moet lekker slaap, ek is al klaar half aan die slaap, Leela le ook hier onder die bank uitgeput van al die aandag. Mis julle almal en groete van Eugene!

Wednesday, June 10, 2009

twee weke in Griekeland

hallo almal!



Eugene het my noual so getorring om die blog ge-update te kry!!!! Hy se dat ek "my aanhangers teleurstel"! hehe, so aanhangers: ek is terug!








Ek en eugene het hierdie jaar besluit dat ons bietjie Griekeland toe wil gaan vir somervakansie, eugene wou nog altyd soontoe gaan vir die lekker weer en mooi see, en ek, ek wil graag ook mamma mia op 'n hawemuur sing!!!!! so met die hulp van ons half-griek/half-afrikaanse vriendin, is ons toe twee weke terug op ons vlug na Athens! My tas 'n so groot, dit sal my 'n jaarlank van klere, sunscreen en aftersun kan voorsien indien ek dalk op een van die minder bekende eiland gestrand sou word, maar ek worry nie, want eugene se tas is NET so groot!!!!! hehehe! Ek hoop in my hart dat mens nie nog vanaf die hawe met donkies moet ry tot in die dorp, soos my ma-hulle moes toe hul daar was nie, want my arme donkie se beentjies sal buckle soos 'n gebreekte strykplank!



Ons land veilig in Athens en vinnig vinnig is ons op die bus oppad na ons hotel. My eerste indrukke: Dankie TOG ek leer frans en nie Grieks nie, ek meen, Grieks is immers...grieks, en met 'n alfabet wat lyk soos geheimeskrif het ons nie geweet watter busstasie is watter busstasie nie! Al wat ek weet is ons moet afklim by Cholargou (op my engelse straat kaart) maar EK weet nie hoe spel mens dit in Grieks nie!?! Gelukkig praat meeste Grieke engels en het ons vriendelike bus bestuurder ons maar gehelp. (mens spel cholargou soos volg: X, O, ondersteboV, A, P, onderstebo L, O, Y - go figure)



Hierdie was ons view vanaf die hotel se dak, dis is die Acropolis.


Ons was twee dae in Athens, baie warm! en bietjie gaan rondloop by al die ou "ruins", amazing om te dink dis gebou in die tyd van die nuwe testament en vroeer! By die acropolis het ons op die koppie gestaan waar Paulus gepreek het, so amazing!



Hier is ons by die "ruins" van ou biblioteek en 'n tempel, op die onderste prentjie staan ek en eugene by die Acropolis


Na Athens het ons die Ferrie gevat na ons eerste eiland Milos. Nou ekke het 'n HEEL verkeerde idee gehad van 'n Ferrie! Die enigste ferrie wat ek nog ooit op was was 'n Flot op die breerivier, waarop jy jou kar parkeer en dan trek die ouens met toue jou oor die Rivier, vir R8. Maar nee, nee, nee, HIERDIE ferrie was 'n Meneer van 'n boot!!!!! of nee, 'n SKIP! Wat 'n verrassing! Daar is winkels en kafeterias op hom en als! Hul het saam met die 1000de mense, 4 lorries, 5bakkies en maklik 50karre ook opgelaai! ek was heavy impressed! Dit het ons 4 volle ure gevat om by Milos uit te kom, en ons het die vinnige ferrie gevat! Die ander een vat 7ure. Ons boot se naam was....wait for it....speedrunner2!!!

hier is ons skippie, so maak sy "boot" oop, dis soos noag se ark.







Ai maar wat 'n site toe ons by MILOS stop!!!!! dit was die volle 4ure se wag werd, die son het begin sak oor die see, die wit huisies teen die heuwels, dit was pragtig. Ons het vir Speedrunner2 gegroet en die 100meter gestap tot by ons hotel, wat op die hawe was en 3meter van die see af! Ek kan dit nie eers beskryf, ons het 'n seeview gehad en als,

check hoe mooi skoon is die water!










Ons het vinnig gaan inboek en toe dadelik 'n plek gaan soek wat scooters-verhuur (eugene praat al die afgelope 4weke oor 'n scooter huur en kan nie 'n oomblik langer wag nie). Ongelukkig verhuur hul nie meer scooters as jy nie 'n lisensie vir een het nie (hul het tot laasjaar nie 'n probleem gehad nie) en moes ons tevrede wees met 'n Quad-bike. (aan die begin was eugene bietjie teleurgesteld, maar toe hy besef dat Milos baie grondpaaie en offroad plekke het, was hy baie happy, ek minder happy) Natuurlik moes ons DADELIK ons nuwe "wiele" gaan uittoets het, en daar laat waai ons met ons bike, eugene bestuur en ek, in eugene se woorde, sy "bitch on the back". (hier moet ek darem net die moeders gerusstel dat ons elk darem 'n helmet gedra het)


Ons vat die eerste pad uit die hawe uit en ry al langs die see af, toe sien eugene 'n grond paaidjie wat afdraai oor 'n bultjie see se kant toe en toe MOES ons natuurlik die bike "offroad" vat! My senuwees was aan flardes, maar ek klou soos 'n neet aan sy rug vas, 'n paar skrape later van bosse en takke stop ons by 'n pragtige strand, alleen. Ek weet nie of dit die adrenalien was van die offroad ry nie, en of dit opgehoopte energie was na 4ure op speedrunner nie en of dit net die dankbaarheid was dat ek nie my nek gebreek het by die pad af na die see toe nie, maar ek en eugene "strip" poedelnakend kaal en vang ons eerste swem in griekeland!!!! ek sal dit nooit vergeet nie, hier is 'n foto van die "rare dolfyn" wat ek julle belowe het!


Milos is nie so vol toeriste soos van die ander eilande nie, daar is alles nog goedkoop en min mense praat engels (gelukkig na 'n jaar in Frankryk is ek en Eugene EXPERTS in bodylanguage) dit lyk soos wat die griekse eilande op poskaarte moet lyk, oral sit locals en geniet 'n glasie Ouzo ('n griekse drankie wat mens drink wanneer die son sak saam met 'n bord seekos vingerhappies, jy nibble en drink daaraan tot 10uur, dit is wanneer grieke eers hul aandete begin bestel! Ouzo proe na liquerice/anys, maar is nie baie sterk nie, baie lekker) en die KOS!!!







Ek moet 'n apparte paragraaf skryf oor Griekse kos! Dit is iets om te beleef! Hulle kos is ongelooflik lekker, allles is vars en smaakvol en ons het nie een keer in ons hele twee weke daar een slegte maaltyd gehad nie! Hul spesialiteit is natuurlik Griekse slaai, wat ek BELOWE beter smaak as enige slaai wat ek nog in my lewe geeet het! ons het Elke aand vir 2weke 'n Griekse slaai geeet vir voorgereg en ek jok nie. En eugene is nie groot op tamatie en blare nie en 'n slaai in 'n restaurant was nog nooit iets wat ek dol oor was nie, maar hierdie griekse slaai was fantasties. Dan 'n ander groot favourite van Griekeland is hul jogurt en heuning! Weereens, eugene het elke oggend vir ontbyt jogurt en heuning ge-eet, vir twee weke! By milos het ons aan die ontbyt tafel by die hotel tot 'n hele vars heuningkoek gekry elke oggend!



Ander lekker dingetjies waaroor ons liries geraak het was hul, grilled haloumi (kaas), cheese saganaki (kaas in 'n degie gebraai op tamatieringe) en gevulde gebakte tamaties. En wat so lekker was is dat al die chefs in die restaurantjies gewoonlik so 'n ou tannie is wat daar staan en alles vars voorberei terwyl haar man voor by 'n tafeltjie sit en Ouzo drink en kliente verwelkom, dit voel so "homey". Hierdie foto is van my en die oulike tannie wat ons kossies gemaak het, sy het vir my gese: "If you go back, give kiss your mother!" so asof ons huisvriende is! sys pragtig.


Die tweede dag op milos is ek en eugene seetoe, sunscreen gesmeer so wit soos 'n roomkoek, op ons bike bestudeer ons die kaart van Milos en kies 'n strand (hoe lekker is dit?! jy kan jou strand kies uit omtrent 20 ander en nie een is verder as 15min nie!) Ons eindig toe op by 'n pragtige inham met net sulke plat, wit rotse waarop jy le en tan en afspring see toe! Eugene was tickled pink want die strand het nogals 'n ent wat jy offroad moet ry en daar was lekker rotse vir cliffdiving! Ons was weereens alleen op die strand, daar het later 2 ander couples daar opgedaag.



Die res van ons dae op Milos het bestaan uit nuwe strande gaan ontdek en die klein dorpies besoek. In die aande het ons op ons bike na die ander dorpies gery om te gaan koffie drink, of liggies gaan kyk, of watter rede ons ookal kon uitdink om ons bike te ry. Soms was dit vrek koud, soms het ons nie die paaie geken nie, maar dit was net die idee dat ons in die middel van die nag, op 'n eiland op 'n bike rondry en ons kon gaan waar ons wil! Hier le eugene en tan op ons bike op een van die strande, op party strande groei daar bome!



Eugene het vir ons die derde dag paddavoete, duikbrille en snorkels en 'n onderwaterkamera gekoop en toe is ons twee roomkoeke weer oppad seetoe! Eugene, die spiertier wat hy is, sink soos 'n klip in die see en dis maklik om van hom fotos te neem onderwater, maar ekke, sukkel my vrek om onder te bly! al die fotos wat ons geneem het, is my boude in die lug soos 'n tjoop!!!!


HEELTEMAL te vinnig het ons tydjie op Milos tot 'n einde gekom! Die laaste oggend word ek wakker met 'n lekker waterpokkie-agtige-uitslag oor my gesig en arms, kom toe daarop neer dat allergies is vir my aftersun. Dit is nou nadat ek die vorige dag my winduit geval het in die hoofstraat toe ek 'n trappie misgetrap het! hehe, shame, 'n ou visserman en 'n toeris het kom kyk of ek okey was. Maar behalwe vir die gejeuk en gekrap en 'n nerf-af knie, was ons tydjie op Milos die beste vakansie van my lewe.


Na nog 'n lang trippie op die ferrie land ons op die hawe van Santorini. 'n Pragtige eiland in 'n semi halfmaan vorm met 'n vulkaan in die middel van die halfmaan! Dis ongelooflik mooi, die hoofstad, Fira, is als teen 'n heuwel gebou wat uitkyk op die vulkaan. Ons hotel was 'n pragtige gebou ook teen die heuwel, die boonste fotos is vanaf ons kamer se stoep geneem. Die hotel was ook reg bo die ou hawe, elke oggend loop daar donkies verby ons hotel om mense van die ou hawe te gaan haal en op te neem teen die heuwel. (gelukkig het ons by die nuwe hawe gemeer en 'n taxi het ons vervoer met al ons bagasie) Weereens moet ons dadelik weer 'n bike gaan huur, maar die keer 'n VINNIGER een (eugene het die heeltyd sulke ander vinniger bikes uitge-check op Milos, en nou MOET ons een van hulle kry) maar ongelukkig vir hom was daai nie vinniger bikes op santorini nie, hul het beperkings weens al die ongelukke wat toeriste al gemaak het. Baie vies, is ons toe daar weg met ons stadiger en meer raserige 125cc.



Santorini is pragtig, maar defnitief meer toeriste as Milos, alles is duurder, besiger. Die strande is iets om te beleef! Daar is strande met swart sand weens die vulkaniese aktiwiteite lank gelede. Ek en eugene moes net dit gaan beleef. Ons is toe af op ons "bikey" na die naaste swart strand en wat 'n pragitge site! pragtige swart klippies met die blou water, ons is dadelik na die eerste sonbeddens, skoene af, en toe tref dit ons: swart trek son aan - dus meer warm - dus swart sand meer warm - en glo my, dis VREK warm!!! Dis soos om op kole te loop, ons het genael vir die water! Dis eers later dat ons sien dat almal se skoene so by die water staan soos hondjies wat wag op hul basies! Niemand waag dit vanaf die water tot by hul handdoeke sonder hul skoene nie.



Die winkels in santorini maak eers 3uur toe in die aande, so almal le by die see rond deur die dag en in die aand loop almal rond en bekyk die winkeltjies. Die vakansiegangers kom van al om die wereld, maar dit wil voorkom of die oosterlinge veral mal is oor Santorini, in die tyd wat ons daar was het ons 3 Oosterlinge gesien trou, met kaal voetjies en skulpies om die nek en die hele strand-ding. Die vakansiegangers is ook almal verskillende kleure van rooi (gebrand, jy sien, want almal WIL met 'n tan huistoe gaan)! Jy kry die bloedrooies, die perses, die rooi-met-afdop, die vars gebrande rooi, kreefrooi, tamatierooi, leeragtig-en-rooi, die lys gaan aan! Jy kry die met 'n bolyf tan, met 'n cleavage tan, voor-tan met so 'n duidelike lynlangs die kante, kuit tan, strepe getan en dan my ultimate favourite: die sonbril tan!!!!!


Ons het 3dae gebly op Santorini en heeltemal te gou moes ons weer die ferrie vang na Mykonos. Ons het net betyds daar aangekom vir die sonsondergang, en toe sommer vir 'n stappie in die dorp gegaan!


Nou Mykonos, is 'n eiland van 'n heel ander veer! Dit is 'n regte partydjie eiland, jy kan dit sommer sien aan die toeriste daar! amlal is jonk en fancy uitgevat, met ge-blow-dry'de hare. Die eiland self is minder mooi as santorini, maar daar is natuurlik nou weer meer te doen. Watersport, cocktail bars op die strand wat jou bedien vanaf jou sonstoel, jetski's, nightclubs, winkels tot die mag 4, spa's en meer.


Ons hotel was so sooooo stunning, dit het twee pragtige swembaddens gehad wat tenvolle benut was deur ons!



Weereens dadelik af om 'n bike te gaan soek, die keer is eugene gedetermineerd om vir ons 'n beter quadbike te kry! Maar alas! Mykonos het NOG strenger reels en ons eindig op met die sterkste engin wat hul toelaat: 'n 50cc!!!!!! Eugene was super imbarressed! Ons kry nie eers 10km/uur by bulte op nie, hy maak meer geraas as krag! Oumense STAP vinniger as ons by bulte op! EN dan forseer die wet ons om helmets te dra!!!



Omtrent al die strande in Mykonos kan gesien word as "nudist beaches", daar is altyd 'n stukkie strand waar almal kaal is en kaal swem en kaal rondloop. Ek is baie dankbaar ons suid-afrikaners is nie so liberaal nie, dit lyk net verkeerd. Hier is eugene besig om te "spy" op die "nudies".



Maar behalwe ons "bikey'tjie", was die tyd op Mykonos onvergeetlik lekker. Ons het regtig vakansie luiheid tot 'n whole new level gevat! Oggende 9uur opgestaan, ontbyt gaan eet, see toe gegaan, getan en swem tot 1uur, middagete gaan eet, 3uur terug hotel toe, middagslapie gaan vat tot 4uur, geswem in die swembad en dan uit gegaan vir aandete, rondgeloop in winkeltjies, terug hotel toe, boek gelees tot 1uur, en geslaap tot 9uur! Dit. was. Awesome!!!!!



En so het ons tyd op Mykonos ook tot einde gekom, maar natuurlik nie eers voordat ek weer 'n uitslag gekry het nie!!!!! Uitslag nommer2 was omdat ek allergies is vir een van die twee nuwe sunscreens wat ons die vorige dag gekoop het! ai. ek kon dit nie glo nie, weer 'n keer! Maar teen die tyd is ek al so ge"chill" van lekker vakansie hou dat ek nie eers omgee dat ek lyk soos die 10 melaatses nie! Wat 'n fantastiese vakansie, die weer, die water, die tan, die kos, alles, was net perfek.






En ek hoop baie baie hard dat eendag in die toekoms ons weer terug sal kan gaan. Ek het, immers, 'n stukkie grond in die hoofstraat van Milos met my naam op!!!!!