Monday, March 10, 2008

Road Trip!

Hi julle almal! Ons het lank laas die Blog ge-update, die rede is n mengsel van luiheid en baie besig! Ek was vriendelik verplig deur vroulief om n stukkie te tik vir die Blog en dan sal sy die res insit. (Ek sal my dele insit in rooi - arina) Waar om te begin..... Ons het die 23 Feb op n vrydag teen Biaritz gespeel en net-net verloor. Hulle is 'n goeie span en le 3de op die punte leer. Ons het gewoonlik n herstel sessie die dag na ons gespeel het, wat bestaan uit n full body massage en 20min in n roman bath( dit is soos n groot borrel bad) Ek het ons afrigter gevra of ek maar verskoon kan word, want ek en Arina wil bietjie weg gaan.

Ek en Arina het toe besluit om die Saterdag Les-Baux-de-Provence toe te gaan en die aand in Avignon oor te slaap! Ons het besluit om so 'n roadtrippie te maak deur die provence-streek van Frankryk, dis nou die area waar marita van der vyver bly en wat bekend is vir sy lavender, al daai prentjies van lavender in frankryk is in pravence geneem, dis ook die streek waar die meeste olywe gekweek word. Provence is net so oos van waar ons bly, so 'n uur en 'n half weg.



Oppad Les-Baux toe het ons eers in Arles gestop, dit is 'n dorp teen die kus waar die Rhyn rivier uitloop en dateer terug na die 7de eeu BC en was 'n baie belangrike romeinse stad weens sy groot hawe. Van Gogh het ook hier gebly en 200 van sy skilderye hier geskilder, insluitend self-portrait with bandaged ear en Sunflowers en van die plekke wat hy geskilder het is nogsteeds daar soos daai brug en starry night cafe. Daar het ons die museum besoek net om n bietjie meer inligting te kry oor die dorpie... what do you know... alles in frans, so ons het nie te veel geleer nie, maar het dit tog geniet. die hele museum gaan oor die romeinse tyd en hul argitektuur.











Van daar af is ons na die Romeinse arena toe, waar die Gladiators geveg het of n arme siel vir die leeus gevoer is! Die oorspronklike arena was maar klein, maar hulle het hom vergroot vir bul gevegte soos julle kan sien op die fotos!

















Eugene het ook in "'n oomblik van nood" die Arena gemerk as syne.....geen respek vir geskiedenis nie!



Ons vertrek uiteindelik van Arles na Les-Baux, maar natuurlik is daar "nog n plekkie" wat Arina graag wil sien , en ek raak ongeduldig! Arina maak haar oulike gesiggie en draai my om haar pinkie! :) a girl has got to do what a girl has got to do! Ons stop in n klein dorpie met die naam St'remy de provence en was ek bly ons het soontoe gegaan, dit is seker die mooiste dorpie wat ek in my lewe gesien het! ons het seker vir 20km tussen rye bome weerskante van die pad gery! Arina sal julle meer van die dorpie vertel. Wel die dorpie is darem vir meer bekend as net mooi bome! dit is hier waar Van Gogh opgeneem is in die Asylum nadat hy begin hallusineer het en sy oor afgekap het. Hier het hy Starry Night geskilder. Dit is ook waar Nostradamus gebore is en Caroline van Monaco woon hier en Prinses Diana het ook hier 'n plekkie destyds gekoop.



Die dorpie is verrassend klein en outyds en regtig 'n lekker vakansie gevoel aan hom, dit moet ongelooflik mooi wees in die somer en orals is klein kafeetjies met stoeltjies buite in die straat! Ek sal ook nie omgee om 'n ou plekkie in hierdie klein dorpie te besit nie, dit is regtig die tipiese franse ou dorpie!
Na ons bietjie verdwaal het (hehe!) en deur n berg pas gery het kom ons in Les-Baux aan. Ek is so opgewonde ek moet myself net keer anders harloop ek vir Arina weg. Die wat my ken weet ek het n sagte pekkie vir oorlog en enige iets wat daarmee gepaard gaan. Le-Baux het die vervalle kasteel in n museum verander en het nog oorspronklike "siege weapons!!!!!! Daar was 'n 11-14th century Baliste Catapult, 'n battering ram en 'n 12-16th century sling-catapult. Die sling-catapult kan 100kg klip 200m ver gegooi het! Al hierdie wapens was regtig gebruik deur die stad.
Les Baux is op 'n rotsagtige koppie van 280 meter hoog en 9oo meter lank gebou. Die meerderheid van die stad en kasteel is uit die rotse self gekap en die res is met los klippe aangebou. Meeste van die kasteel is vervalle, maar die dele wat uit die rots gekap is is nog sigbaar. Die dorp was ongelooflik goed beskerm teen enige aanvalle, daar was net een pad op na die kasteel die res was hoog op teen die hange.


Dit was baie lekker, maar baie uitputtend. Jy klim baie en loop ver om al die geboue te sien, maar dit is die moeite werd. En daar was engels op die bordjies! Ek en Arina het dit baie geniet en ons is eers laat middag daar weg. Ons het op die ou einde nie in Avignon oor geslaap nie, maar is reguit huis toe! want iemand het verlang na sy TV en eie bed..... :) maar ons noem nie name nie.
Die trippie was verseker die moeite werd en almal wat kom kuier gaan ons soontoe neem. (mag dit inspirasie wees vir almal om NOU te begin spaar vir vliegtuigkaartjies!
Lief julle almal