Friday, March 14, 2008

Ons winter vakansie

Bonjour, mes amie et parents!
(Good day, my friends and parents!)

Hehe! (ek weet ek het nou sooooooo "frenched-up" geklink maar as julle maar net weet, ek moes nou eers vir eugene gevra het wat is die regte grammatika vir "my" want in frans is daar 'n verskillende "my" vir vroulik, manlik en meervoud, en toe sit ons nou eers en wonder daaroor! Ai, die taal bly darem maar 'n moeilike ene!)

Julle, van die van julle wat nog nie Spanje op jul lysie van 10 plekke-in-die-wereld-wat-ek-graag-wil-sien-voor-ek-70-is gesit het nie, wil ek vandag graag inlig dat jul dit NOU moet gaan doen!
Eugene het so 3 weke gelede sy knie beseer in 'n game, ek was natuurlik hoogs bekommerd, want diedag na die game kon hy skaars staan op die been, maar gelukkig was dit toe nou nie so ernstig nie, hy was net afgeboek vir so 'n week. Maar om die positiewe in die negatiewe te sien, het ek en eugene toe besluit dat dit die perfekte geleentheid is om bietjie plekke buite Frankryk te besoek! Eugene het dadelik Barcelona voorgestel, waarop ek ingestem het, maar met minder entoesiasme, want sien, volgens my is Barcelona nou nie regtig 'n plek met baie charm en uitstaande rekreasieaktiwiteite nie, maar nouja, siende dat Eugene die "hoof borg" vir hierdie vakansie was, het ek nou nie ge"moan" nie.

Woensdag oggend is ek en Eugene toe sak en pak oppad na Barcelona, o nee, wag, die middag is ons eers oppad aangesien eugene eers probleme met sy GPS ondervind het en eers 'n kaart van die internet moes aftrek.......na 'n lang gesukkel, drie voltooide sadukos en half-opgeete padkos later is ons toe uiteindelik oppad.

Die grens tussen Frankryk en Spanje is nou nie regtig merkwaardig nie, in fact, teen die tyd wat ek my kamera uiteindelik opgespoor en aangesit het, is ons al lankal oor. Hul trek glo net so nou en dan iemand af om te deursoek en vrae voor te vra. Die platteland waardeur jy ry na die grens lyk maar vir my bra baie soos Frankryk, maar gou verander ek my deuntjie toe ons Barcelona inry! Ek het nog nooit in my lewe so baie opgeknopte behuising gesien nie! Die plek lyk arm en gagga en orals staan groot geboue met klein opgeknopte woonstelletjies. Dit lyk soos die mddestad van Kimberley, maar met net drie keer meer mense en woonstelle, maar so vinnig soos wat jy kan se gracias bevind jy jouself tussen die MOOISTE en OUDSTE geboue wat ek nog ooit gesien het! Eweskielik maak die ou en arm woonstelblokke plek vir "posh" geboue en winkels, van PRADA tot CHANEL en baie amerikaanse kettingwinkels soos BURGER KING en STARBUCKS. Dis ongelooflik, jy kon net sowel in New York wees! Dit is regtig so: jy kan omtrent letterlik 'n lyn gaan trek tussen die ryk deel van Barcelona en die arm, aangboude deel!

Wel, ek was verlig toe ons hotel in die ryk, toerisme deel van Barcelona is, en was ons Hotel nie AWESOME nie!
















Dit was ongelooflik "grand", met pragtige kamers, 'n mini-bar wat hul elkedag vir jou "re-stock" met sjampanje, 'n swembad op die dak, the works! EN ons hotel was in 'n straat feitlik teenaan The Ramblas!









Nou the ramblas is hierdie straat in Barcelona, waar die naglewe is van die stad, dit loop al die pad af tot by hul waterfront en alles is loopafstand. The Ramblas is vol straatkafeetjies, mense wat musiek maak, kunstenaars, blommemarkies, en baie baie mense! Orals is mense wat rondloop, buite sit en eet en die winkels in Barcelona maak eers 9uur in die aande toe en restaurante maak elke aan eers 1uur toe, so die naglewe is regtig "vibrant" (nou klink ek soos 'n travelguide). Daar is ook oral performers wat soos standbeelde lyk!
Die beste was ook dat daar op die hoek van ons hotel se straat 'n STARBUCKS was! Nou ek het al my hele lewe lank uitgesien daarna dat daar 'n Starbucks in suidafrika moet oopmaak sodat ek net vir een keer in my lewe kan uitvind waaroor al die movie-akteurs so tekere gaan! Dit draai toe so uit dat starbucks regtig lekker koffie maak en vir die res van ons 3aand vertoef in barcelona het ek en eugene permanent daar koffie gaan drink! Elke oggend vir breakfast en elke aand vir 'n afsluitingkie van die dag! Dit was heerlik.
Barcelona het ook 'n Bus touristic, dis 'n bus wat na al die beroemde toerisme aantreklikhede van die stad ry en jy kan op en afklim enige tyd by enige van hierdie plekke en net op die volgene een klim en verder ry, die bus het ook oorfone vir elke taal waarop jy na 'n toergids kanluister wat vir jou die geskidenisvan als vertel. Die bus is defnitief die moeite werd en so het ek en eugene in 2 dae regtig baie van die plek gesien! Ons was tot verby die stadion van die olimpiese spele. En ja dit was basically al wat ons vir die hele tyd daar gedoen het, in die oggende ons Starbucks gedrink, op die bus geklim, rondgerits, museums gaan bekyk ('n egipte museum, 'n boot museum, 'n katedraal, 'n kunsmuseum) en in die aande het ons op die Ramblas gaan loop, tapas geeet en Sangrias gedrink (tradisionele Spaanse kos en drank) en verder by die swembad op die hotel se dak gaan sit, starbucks gedrink en die liggies bekyk! Dit was die beste vakansie!











Die saterdag is ons vroeg uitby die hotel om die verkeer te mis (glo my, ek trek al my woorde terug oor wat ek gese het van die franse se swak bestuursvernuf, die spanjaarde is tien maal erger) oppad na Andorra.
Andorra is 'n piepklein landjie tussen Frankryk en Spanje. En met klein bedoel ek KLEIN. Ek ken nie sy geskiedenis nie, maar wat ek weet is dat Andorra van die beste ski-resorts het in europa en die land is tax-free, so elektroniese ware, parfuum, alkohol, sigarette en klere is baie goedkoper as in Frankryk. In hul hoofstad, Andorra la vella, (so groot soos Bredasdorp) het ons vir een aand oorgeslaap. Eugene het vir hom 'n IPOD gekoop en vir my 'n bottel parfuum en die aand het ons by 'n restaurantjie in die stad geeet. Ek het haas met slakke geeet! (was baie lekker actually) Maar die aand het ek en hy SOOO sleg geslaap, want ons hotel was langs die hoofstraat en glo my vir 'n klein dorpie is die mense ernstige naguile!


So verskil die mense van Spanje en Frankryk? Myle! Die spanjaarde is baie meer laidback, vriendelik en verstaan beter engels. Mens kom ook vir die eerste keer agter hoe baie Frankryk verandering onderdruk soos groot kettingwinkels, in die HELE montpellier is daar omtrent net 2 Mc'Donalds en 1 KFC en geen maar geen ander ketting winkels, terwyl Spanje in een straat omtrent 3 KFC's het en 5 Starbucks.

En ja dit was ons vakansie! Nou is dit eers weer spaar vir ons volgende vakansie wat in 'n net so 'n GREAT plek is........Suid-Afrika! Kan nie wag om jul almal weer te sien nie!

Baie liefde!