Hallo almal!
Eugene was gistraand siek. Baie sleg geslaap, het n maag virus of 'n ding opgedoen! Hy het nie vandag rugby gaan oefen nie en slapies nog. Ek wag vir hom om op te staan, het vir hom rooibostee op die stoof (jy kry dit nie in Frankryk, ons moes pakke en pakke saambring, so as een van julle ooit kom kuier, dis 'n ideale geskenk!) hopelik kan hy 'n toast broodjie inhou. Mens kry Marmite in die winkels hier onder die foreign foods afdeling. In daardie afdeling kry jy ook appeliefies, granate, kondensmelk en patats. Hier is glo erens 'n winkeltjie waar mens butternut sporadies kan kry. Ons wil nog die butternut voorraad gaan leegkoop, ons is so lus vir butternutsoup! Nou die dag het ons op 'n butternut-hunt gegaan, na elke liewe groente-en-vrugtemark waarvan ons weet! Het natuurlik glad nie butternut gekry nie, maar wel lekker peisangs wat nie groen is nie en 'n appel/peer kruising! Dit lyk soos 'n appel, maar hy is wit met kolletjies soos 'n peer. Hy kraak soos 'n appel met die tekstuur van 'n appel, maar hy proe nes 'n peer! Baie weird!

Het saterdag gaan Rugby kyk vir die eerste keer vandat ons hier is. Eugene het hul eerste game tuis gespeel. Die span is 'n engelse span, die sales Sharks en hul is glo uitstekend. Het 'n hele aantal internasionale spelers in die span.
Rugby in Frankryk is anders as rugby in suid-afrika. Eerstens eet niemand op die paviljoene nie! Niemand drink meer as een glasie bier, koeldrank of koffie nie (jy mag nie jou eie drank inbring nie jy moet dit halftyd gaan koop by 'n snoepie.) tweedens sal jou aanhangers vir jou die heeltyd "jey" as iemand in die span 'n tackle of 'n goeie scrum of iets goeds doen, maar jou eie aanhangers sal jou "boooo" sodra jy 'n bal misvat of slegte scrum het! Met ander woorde die hele paviljoen "jey" en "boo" die game deur!!!!

Daar is ook 'n ondersteuners club wat met vlae en banners opdaag. Hul het ook 'n trompetorkes wat musiek maak gedurende die hele wedstryd wanneer dinge goed gaan! Dit klink soos 'n karnival! Dan as die aanhangers voel die span het bietjie aanmoediging nodig, sal hul almal ALMAL saam "chants" skree soos
Aller Montpellier! Aller Montpellier! (go Montpellier, go Montpellier).

Die franse is defnitief baie ekspresionisties! As die ander span opwarm en van hul spelers hardloop verby 'n paviljoen sal die hele paviljoen "boo!"!
En as daar 'n skop na die pale toe is, sal hul nie stilbly nie, nee, hulle skree en fluit om aandag af te trek of aan te moedig, watter een ookal op daardie tydstip vanpas is! Dit laat mens bietjie dink aan skool atletiek of interskole!!!! Maar die toeskouers geniet hulself en maak dat ek die heeltyd lag, so die aand was regtig lekker!

Die ete na die tyd vir die spelers, hul vroue, borge, kapteine en direkteure was hemels, hul het ongelooflik baie kos en dit word net elke keer aangevul met nog! Natuurlik weet jy nie wat die helfde van die goed is voordat jy dit nie in jou mand gesit het nie en een ding wat ek nou al van die Franse geleer het is dat hul baie meer liberaal is oor wat hul eet as ons ou Suid-Afrikaners! Een slaggat waarin baie uitlanders glo trap as hul hier uiteet is dat hul nie die Menue kan lees nie en dan lees hul daarop: steak patte en dink, jippee, darem iets wat ek kan eet en lees, 'n steak pattie! Maat ongelukkig vir hul is 'n steak patte eintlik rou mince met 'n eier bo-op en die mince bestaan uit helfde beesvleis en helfde perdvleis!!!! I kid you not!!!!
In elkgeval, die aand by die rugby ete druk ek die eerste die beste broodjie met 'n stukkie vleis in my mond en wraggies, toe is dit nie vleis nie, maar fraguoa (verkeerd gespel, maar dis hoe jy dit uitspreek) fragua is die lewer van 'n eend wat deur die boer ge"forcedfeed" is! dis verban uit Suid-Afrika want dis cruel teenoor die eend! Dit word gedoen sodat die eend se lewer abnormaal groot moet wees. Jig, ek hou nie eersvan lewer nie.
Anyways, lief jul almal en praat gou weer!