Hallo almal! Hier is 'n paar fotos wat ek ontdek het op ons rekenaar waaroor ek nog wou iets skryf laas somer, maar heeltemal vergeet het!
Eugene kom eendag terug van die rugby met die nuus dat daar 'n "lancing" kompetisie gaan wees in Palavas hawe. Lancing? In palavas hawe? Lancing, soos "a knight's tale" - lancing?, waar gaan die perde hardloop? Dit was die eerste paar dinge waaraan ek kon dink, natuurlik saam met die gedagte dat ek nie eers geweet het lancing word nog be-oefen nie! Ja mense, as jy so oningelig is soos ek, daar bestaan wel nog Lancing skole in die wereld, maar die een was 'n ander tipe Lancing, die perd is missing en vervang met 'n bootjie!
DIT moes ons darem net eers vir ons self gaan bekyk! So een saterdag middag ry ons toe na Palavas hawe, pragtige hawe, ek het al 'n paar keer fotos daarvan op ons blog gepost, nie regtig 'n hawe soos ons hom ken nie, meer 'n kanaal-uitmonding in die see, maar perfek vir sulke speletjies soos Lancing.
So hoe werk dit: Daar is twee spanne (kom ons noem hul maar rooi span en blou span) In elke span is daar 'n sekere aantal ouens, die hele span is op 'n klein bootjie met 'n klein enginetjie.
Al die lede van die span sit in die boodjie, behalwe een, die Lancer vir daardie rondte.
Hy staan op 'n stellasie agterop die boot, met twee wedges vir vastrapplek en met sokkies aan. Hy het 'n hout skuld(tjie) en 'n stok ("it's called a lance, helloooooo" - woorde ge"quote" deur eugene, toe ek dit waag om stok te se)
Die rooi en blou spanne se bootjies begin dan vaar direk langs mekaar verby en soos gewone Lancing, probeer jy om die ander ou van sy "perd" af te stamp. Met boot lancing is die "knights" darem meer ordentlik en mag jy net op die skuld met jou stok..ag LANCE..druk.
Jy moet probeer bly staan en hy moet verkieslik aftuimel sonder grasie sodat die skare 'n goeie tyd kan he!
Dan, terwyl die twee boodjies gereedmaak om mekaar weer te tackle, kom 'n ou klein bootjie die afgetuimeldes optel. As jy die knight is wat afval, is dit 'n "knightmare" vir jou, val in lekker koue water en jy mag nie weer op die boot klim nie, so raak die spanmaats al hoe minder al hoe minder, tot daar een wenner oorbly. As jy die ander ou afgestamp kry sonder om self af te val (jou ba"lance" te verloor - hehe eks jammer ek weet eks "lame", maar ek kan nie stop nie!), kan jy op jou boot bly vir nog 'n rondte tot jy afval.
Dit lyk na baie lekker onskuldige fun en games! Dit het aangehou tot die son al lankal begin sak het en ek nie meer kon fotos neem nie, toe gaan koop ons maar vir ons elkeen 'n slushpuppy en gaan speel met Lila op die strand!
Lekker aand vir julle en good"KNIGHT"!!!!!!!!