Hallo almal!
Ek het bietjie 'n lui-spot getref met die blog en noudat die nuwe jaar aangebreek het is dit seker tyd om my sokkies weer op te trek! Ek is sooo agter met inskrywings, ek weet nie eers waar om te begin nie! maar laat ek maar by die begin begin....... Frikkie se 30ste verjaardag "bash"
Nou ons ou Suid-Afrikaners is steeds plesierig (dit kan jul maar glo). Ons hou van partydjie en dan (as iemand verjaar) maak ons SO:
Ons hou 'n "fancy dress" braai!!!!!!
Nou die lekker ding van so iets reel en beplan in Frankryk, is dat ons hier 'n hele "sosiale kommitee" het, al die suid-afrikaanse vroutjies! Ons het gereelde vergaderings (naweke as die mans weg is vir 'n game) en ons oorweeg enige voorstelle, veral as dit 'n braai insluit!
Die kommitee lede het al op ons EIE ook al gebraai, toe die ouens weg was, en ek het selfs fotos om dit te bewys! Ons het ietwat gesukkel met die kap van hout, maar die res, die vleis en bykosse het ons geen probleem gehad!
Maar terug by die spesifieke "fancy dress" braai:
Frikkie se vrou het die idee van 'n "fancy dress" eendag oor koffie gelig, natuurlik is ons almal dadelik keen en dadelik was daar bygelas dat 'n braai die ideale keuse van spyseniering is!
En voor ons ons oe kon uitvee, het ons uitnodigingskaartjies geskryf, 'n tema gekies en kommiteelede aangestel vir bykosse maak.
Die tema: So sien jy my nooit weer nie
Ai, en almal het soveel moeite gedoen met hul kostuums, selfs die kinders!!!!!! Hier is almal:
Een van ons engelse suid-afrikaners het bietjie meer afrikaans gekom en dan was daar die "adams family", (nee, eintlik net 'n hunchback en sy was ge"style" uit 'n ander era)
Daar was njammie hoender, wors, 'n aartappelgereg, mengelslaai, mielieslaai, lekker knoffelbrood, aartappelslaai en vir poeding het ek en Frikkie se vrou cupcakes gebak!
Ons het net Suid-Afrikaanse musiek gespeel en afrikaans gepraat en dit was asof ons erens in Suid-Afrika gesit en braai het, behalwe dat die temperatuur aansienlik kouer was, maar wie gee nou om dat dit 5grade buite is as ons lekker kuier en om 'n vuurtjie kan sit? Nie plesierige suid-afrikaners nie!
Die volgende dag het van ons bietjie senuweeagtig ons kostuums gaan teruggee waar ons dit gaan huur het, want van ons kostuums het na rook geruik, was vol kakao en vuil kinder vingertjies, maar niemand het darem in die moeilikheid gekom nie (of nie waarvan ons weet nie, die mense by die kostuum plek praat niks engels nie)
En dit is hoe ons partydjie hou! Fantasties! Intussen het ons al 'n pannekoek-eet dag gehad, Ek en my skoonma het al beskuit gebak, daar was al 'n vetkoek en mince aand EN iemand se oulike ma wat kom kuier het het al vir ons malva-poeding ook gemaak! Ons is regtig bevoorreg om so baie afrikaners bymekaar te kan wees! En dan is daar natuurlik die braaitjies wat ek en my liefling alleen op ons ou stoepie gehou het:
Nou ja, ek hoop ek het jul almal honger en lus gemaak vir lekker suid-afrikaanse kossies, hopelik eendag in die nabye toekoms laat ek jul weet van ons eerste potjiekos-aand en eerste sokkie!!!!!
arina