Tuesday, February 10, 2009

Desember vakansie in Parys

Hallo almal
Nou almal van julle weet al dat Eugene se ouers vir ons kom kuier het in Desember, maar gister kyk ek deur al die stunning fotos en onthou hoe lekker dit was, so toe besluit ek dat ek eenvoudig net MOET 'n blog skryf daaroor ook!



Vir die hele 2008 is ek en Eugene al ge"psych" vir sy ouers se kom kuier by ons in Desember, Ons soek nuwe restaurante, besluit waarheen om hul te neem, watse franse kos ons gaan maak, ens ens, dis die eerste van enige van ons familie wat by ons kom kuier hier oorsee en dan ook die eerste keer wat die skoonouers by ons kom kuier!!!!! Twee weke voor hul hier land maak ek al huisskoon, skrop panne, stofsuig kaste, ek voer eugene ook sommer 'n bietjie meer sodat dit nie lyk asof ek hom laat honger lei nie!!! My meesterplan om te bewys dat ek die wereld se beste skoondogter is gaan goed volgens plan, tot 5 dae voor hul koms, toe ek eugene se kar 'n baie lelike stamp gee. Maar behalwe die stamp, is my meesterplan goed op dreef. Om die huis meer "homey" te laat lyk en om 'n krismis gevoel te kry, koop ons ook snow-in-a-can en eugene decorate vir ons die sitkamer vensters!
Uiteindelik breek die dag aan en ons gaan haal die ouers op die lughawe! man, ons was so bly om hul gesigte op die lughawe te sien, nog blyer dat hul bagasie ook dadelik daar was, en NOG blyer oor al die prezzies wat hul vir ons saam gebring het! 2groot pakke Game aanmaak koeldrank, 2 bottels salt&vinegar sout, 8pakke jellie, chutney, 2 potjies bovril, biltong, droewors, EAS produkte, pos en dokumente en pille, pille en nog pille! Ek weet nie waar hul plek gekry het vir klere nie, maar ons is dankbaar!!!!

Ons het die ouers dadelik in die kar gelaai en huistoe gejaag dat hul ons pragtige huisie kan sien, by die huis vir hul vinnig tyd gegee om te stort, bietjie uit te pak en warmer aan te trek, toe jaag ons hul weer in die kar na ons town centre toe waar ons gaan koffie drink het en ietsie gaan eet het!

Lekker sit die mense en eet hul eerste "baugette"!!


En ja, dit was die begin van 'n awesome vakansie! Ek en Pa het elke oggend eerste opgestaan en die koue trotseer (party dae minus3 grade) en afgestap na ons klein boulangerie om kossies te koop vir breakfast. Elke oggend het ons croissants en lemoensap gaan koop, en spesiaal vir pa, 'n fougasse, wat 'n tipe croissant is, maar met kaiings binne-in. Elke dag het ons ook 'n nuwe tipe brood uit probeer, een oggend 'n vye-broodjie, neute broodjie, melk buns, 'n brioche (nat beskuit), Croissants met amandels in en natuurlik baugettes!

Na ontbyt het eugene gaan rugby oefen, pa het games op die komputer gespeel en ek en ma het rustig gestort en gereed gemaak vir die dag. Eugene het meestal net oggende geoefen of net 'n uur in die middae, dan het ons erens heen gery of gaan koffie drink in die middestad. Sommige aande het die mans die koue aangedurf en vir ons gebraai!!!! Check die eskimos op ons balkonnetjie!!!! Die koue in frankryk keer ons nie van ons lus vir 'n lekker tjoppie nie!!!!!


Die eerste sondag is ons vroeg op om vir pa die famous markie te gaan wys en 'n hoender te gaan koop vir middagete , en het hy dit nou geniet!



Ek en ma kyk na al die serpe en juwele en dinge by die markie terwyl pa en eugene net kaas en olywe en vrugte uit "try"! Nadat ons ietsie van als gekoop het, wat insluit eend, lamsvleis, vars cherries, olyfolie, wyn, olywe, groente, kaas, kaas en nog kaas, het ons eers 'n koffie geniet en die mense bekyk en toe huistoe met ons "vangs" van die dag!


Pa was in sy element! Die kaas was op teen die tyd wat Sondag weer aangebreek het!


Ek moet se, die twee Suid-Afrikaners het baie goed aangepas in Frankryk, pa het self vir ons almal koffie bestel by kafeetjies, ma het 'n paar franse lesse by my gehad en vir almal wat verby ons loop of wat in hoorafstand was, "bonjour!" en "Au revoir" gese, glad nie afgesit deur die norsheid van meeste franse nie! Eendag was ek gou weg winkel toe of iets en toe ek terugkom by die huis het ma probeer om vir my wasgoed in die masjien te laai, maar omdat ons masjien franse knoppies en aanwysings het, het sy nie so lekker geweet wat is aan en af nie, maar so iets laat haar nie struikel nie en sy gryp my franse woordeboek om sin van die spul te maak! Teen die tyd wat ek by die huis kom het sy die aan knoppie gevind, maar in my woordeboek gelees dat een van die knoppies vertaal na "the Pope" toe in engels!!!!! Ons het lekker gelag en gewonder wat doen die Pope in my wasmasjien!!!!!


Die enigste ding wat ma bietjie gevang het in Frankryk is die klomp sirkels en die bestuur aan die verkeerde kant van die pad. Die draaie het bietjie met haar "innersia gemors, jy weet die balletjies in my brein hardloop bietjie rond" - en so het die gespottery met ma se "breinballe" begin!!!! Eugene was eintlik die grootste culprit, want hy gaan om die draaitjies soos 'n maniak, arme ma en haar breinballe hop rond van een deur na die ander op die agtersitplek!


Dit was so lekker om die ouers hier te he vir twee van eugene se games, een tuis game en een game in Toulouse. Ma het opgemaak vir al die games wat sy nie kon kyk nie deur die span goed aan te moedig.... in Afrikaans! Dit moes gewerk het want hul het die tuisgame gewen en ons het almal lekker saam na die tyd gekuier saam met die Foreigners!




Ma het 'n paar oulike manne ontmoet van die rugbyspan! Hul lyk soos reuse teen haar!

Die volgende week, net voor ons vertrek na Parys, het ons die ouers gevat na Carcasonne, die Midieval dorpie waar RobinHood die movie verfilm was.
Die weer was mooi oppad na Carcasonne, en ek trek wommer my sykouse en 'n rokkie aan vir die trip soontoe, gelukkig praat eugene my om om warmer aan te trek, want toe ons daar kom, voel dit asof die deure van die Noordpool oopgegaan het!!!! Daar waai die koudste wind, wat dwarsdeur vel en been sny!!!!! Ons byt maar vas en loop deur die ou dorp, klim selfs die kasteel muur en bekyk al die geboue, maar na 'n halfuur kon ons eenvoudig nie meer die koue hanteer nie!!!! My hand waarmee ek die kamera vashou voel vasgevries aan die kameraknoppie!
Ons hardloop toe maar na die eerste beste restaurant en die mans bestel elkeen 'n cassolet - 'n tradisionele dis van carcassonne wat bestaan uit boontjies, 'n stuk eendvleis, wors en nog vleis, als in 'n stew, wat bedien word in sulke klei bakkies. Ek is dood seker hul het hierdie dis vir soldate op grootmaat gevoer in daai tyd! En glo my, dit is die enigste ding wat jou warm kry in carcassonne!!!!

En toe breek die dag aan waarop ons vertrek na PARYS!!!!!! The city of LOVE!!!!!
Vir ons trippie na Parys het ons besluit om die TGV te ry, iets wat eugene se pa graag wou beleef en in elk geval goedkoper is as vlieg. Die TGV staan vir Train a Grande Vitesse - wat beteken vinnige trein. Hier is 'n paar feite van die TGV:
1) The TGV currently holds the world speed record for conventional, wheel/rail trains. On 3 April 2007 a modified TGV POS train reached 574.8 km/h
2) A Eurostar train broke the record for the longest non-stop high speed journey in the world on 17 May 2006 carrying the cast and filmmakers of The Da Vinci Code from London to Cannes for the Cannes Film Festival. The 1421 km journey took 7 hours 25 minutes (191.6 km/h).
3) The record for the fastest long distance run was set by a TGV Réseau train travelling from Calais-Frethun to Marseille (1067.2 km, 663 mi) in 3 hours 29 minutes (306 km/h) for the inauguration of the LGV Méditerranée on 26 May 2001

Ons is vroeg die oggend oppad na die treinstasie, almal excited en gelaai met jasse en tasse en kameras vir die trip! Ons het nie eers breakfast ge-eet nie want daar is 'n kafeteria op die trein, maar tot ons groot teleurstelling kondig hul af op die trein dat die kafeteria nie gaan oopmaak nie weens tegniese probleme!!!! Honger honger het ons toe maar gesit en kaartspeel terwyl ons deur die Franse platteland swoesj teen 'n hoe spoed!

Uiteindelik land ons in Parys en ons maak 'n lyn na die naaste kafeetjie, dood honger!!!! Ons bestel elkeen 'n koffie, ek 'n croissant, pa en eugene 'n broodjie en muffin en ma 'n koekie, of moet ek eerder se DIE koekie, maar later meer oor Die Koekie.

Nadat ons ons honger gestil het, was ons reis nog nie oor nie, want toe moes ons eers 'n stuk of 3 moltreine vang voor ons op die straat eindig waar ons hotel is. Dit is nou nie voordat ek eers vir ons die kaart verkeerd om lees en ons heeltemal die verkeerde rigting geloop het met al ons bagasie nie, ('n bietjie van 'n knock vir my beste-skoondogter-meesterplan) maar uiteindelik vind ons ons klein hoteletjie! Die hotel is naby die eiffeltoring gelee en is 'n klein 3ster hotel met min kamers en 'n PIEPklein lift! Ons 4 kan net-net daarin pas as niemand beweeg nie, maar ek het maar eerder nie die kans gewaag nie! Eugene en die ouers het die lift saam gery, maar later het ma ook maar eerder hul alleen in die lift gelos, want daar was 'n geskiedenis van stink winde wat aspris gelos was in daai klein spasie!!!!

Ons kames was heel fraai vir 'n 3ster, maar die bad in ons kamer was legendaries!!!!!

Ons het letterlik net al ons bagasie neergegooi en toe 'n lyn gesny af in die straat om die eiffeltoring te gaan kyk! en wat 'n site toe hy eweskielik agter die geboue uit loer!!!!
Jy kan nie help om sprakeloos te staan en kyk na hierdie toring nie, ek het na die tyd gaan tel hoeveel fotos ek net van die eiffeltoring geneem het, en dit was 25. En dit is nou uitgesluit die wat ek WEER geneem het toe ek nou onlangs saam met my suster weer parys toe was!!!!


Ons het sommer dadelik in die ry geval om die toring op te gaan, het wyslik besluit om eerder te betaal vir die lift op as om op te klim! Ma se breinballe was bietjie confused met al die getravel en dinge, want oppad op het sy hardop gewonder of mens Seatle se skyscraper van bo-af kan sien! Dit was kostelik, en arme sy moes lank daarna nog ons gespottery deurstaan! Nie dat pa nie ook sy share van faux pas gehad het nie, hy het nie lank daarna gese dat ons tog na Madam Tussauds museum moet gaan!


Weereens nie die warmste trippie nie! Dit was vriesend koud daar bo, maar die view was iets om te beleef en vinnig het ons die Arc de Triomph, die Champs-Elysees en die Notre Dame Katedraal gesien! Ons was so koud, en die rye vir die lifts was so lank dat ons maar besluit het om af te loop al die trappe! Wat 'n fout, ons het ons bene behoorlik gevoel die volgende paar dae!!!! Ons was skaars onder toe begin dit liggies reen, en wat is dan nou lekkerder as om in

weer by 'n franse bistro ons self te gaan opwarm met lekker koffie en ietsie om te eet! En so het ons tydjie in Parys begin.


Die volgende 2 dae het ons vir ons kaartjies gekoop op die touristic bus wat jou na al die sites toe vat. Hul gee vir jou oorfone by en dan kan jy in engels na 'n tourguide luister wat vir jou al die inligting en geskiedenis vertel van elke belangrike gebou of plek.Let wel, OORfone pa! hehe!


Ons het op en af geklim by al die lekker sites, die Notre Dame, Die arc de Triomf, Ons het die kersmark deurgeloop, Gaan koffie drink in die Champs Elyees (by daai nescafe koffiewinkel waar hul die George Clooney advertensie gemaak het) flip, daai koffie winkel was meer soos 'n koffie boutique, met 'n museum en 'n lounge en 'n bar in! Die koffie is baie lekker, maar teen 6euro elk (meer as R60) het ek darem gehoop dat ek 'n stukkie George Clooney ook tenminste sou bykry!!!


natuurlik moes ons darem ook net 'n Starbucks gaan drink, en toe ons een spot vanaf die touristic bus, is ons af van die bus in no time!

Die weer was maar die hele tyd lekker lekker koud! Ons het gedog dis koud in Montpellier, maar die aande in Parys was on a whole new level! Ek het lanklaas in my lewe soveel klere bo-oor mekaar aangehad. Veral die aand toe ons besluit het om 'n boot cruise te vat op die seine om die liggies te gaan kyk.

Dit was die tweede aand in Parys en oral het ons hierdie cruises geadverteer gesien en toe besluit ons dat ons dit ook wil doen, die aand was al klaar redelik koud, maar mens is mos nie elke dag in Parys nie, so ons trek maar net warm aan en doen die boot ding!



Als is goed en wel, ons is braaf genoeg om op die dek te gaan sit, dit voel nie te koud nie, maar toe daai boot eers begin beweeg op daai water en die koue lug tref ons kaal gesigte, moes ons vinnig planne begin maak met die paar kledingstukke wat ons by ons gehad het, voor ons 'n neus verloor in die koue!!!!! Ons vier eskimos het dit darem oorleef!

Die sites in die aand is net so mooi, kyk hoe mooi lyk die eiffeltoring, elke uur op die uur dan begin sy liggies te flits, dis pragtig. Die volgende dag is ons toe op 'n missie om vir ons beskerming teen die koue te gaan koop! Ons loop toe af na so 'n vlooimark naby ons hotel en vul ons ammunisie teen die koue aan!
Die 3 "cold busters"!

Ons het die vorige dag toevallig op nog 'n klein krismis markie afgekom op die wal van die seine en daar het ons die lekkerste baugettes ge-eet wat ek in 'n lang tyd geproe het, miskien was dit die koue, miskien was dit die warm Gluwein wat ons saam met dit ge-eet het, maar ons het al die pad terug geloop vir nog een!

Hul vat 'n groot kastrol, gooi klomp klomp opgesnyde uie daarin saam met baie sampioene en stukkies ham, dan laat hul dit opkook saam met room, sout en peper en dan gooi hul hierdie sopperige, papperige mengsel op 'n baugette, dit is hemels! Die beste medisyne vir die koue! Dit hou jou die heeldag vol.

Ons het vir die laaste keer 'n ou fototjie gaan neem van die eiffeltoring, en laat die mans hom so bietjie vashou. Ma het die foto idee nogals baie gelaaik en toe wou sy ook graag iets vashou......
Hehe!

Die res van die dag het ons winkeltjies besoek en rond gedwaal in die strate van Parys en voor ons ons oe kon uitvee was ons alweer op die 3 moltreine, en terug op die treinstasie! Kyk hierdie pragtige winkel versierings van een van die baie bekende bakkerye in Parys, alles in hierdie twee vensters is gemaak van brood en koekies.

Ons het 'n bree verskeidenheid van kosse uitprobeer tydens ons tydjie in Parys, ek het die gewilde uie sop probeer, ons het slakke ge-eet, Eugene se pa het tot die slegte cognac gedrink, ons het wyne van verskeie streke ge"try", verskillende pattesseries se pastries uitprobeer, maar niks, nie eers die home-made sweetie pies, kon ma so opgewonde maak soos Die Koekie nie! Ons het by elke restaurant, kafeetjie, patesserie uitgekyk vir Die Koekie, maar kon net nie hom vind nie! Volgens ma is dit 'n karamelkleurige koekie met srtkkies sjokolade met 'n effense karamel smaak. Die oomblik toe ons land op die treinstasie, toe is ma opgewonde om nog 'nom weer 'n Koekie te gaan kry, daar waar sy hom eerste ontmoet het! Maar alas, die koekie winkel is op 'n ander terminaal en ons kan nie daar uitkom om ons lewe te red nie! Ons het van alle kante af probeer, oral probeer om nog so 'n winkel te kry op ons terminaal, maar dit wou lyk of Die Koekie veraltyd verlore sou wees vir ma!

6Uur op krismis dag land ons weer terug in Montpellier, uitgeput, met baie vuil wasgoed geniet ons 'n rustige kersfees in ons klein huisie en gaan vroeg bed toe, want die volgende dag vertrek ons na Andorra toe, om bietjie in die sneeu te gaan speel!!!!!

Nou, vir die van jul wat onbekend is met Andorra, daar is 'n piepklein landjie op die grens tussen Spanje en Frankryk, in die midi-pyrenees bergreeks, sy naam is Andorra. Andorra is die 6de kleinste landjie in Europa en is hoofsaaklik afhanklik van toerisme weens die feit dat hul 'n tax free land is en ook omdat hul menigte ski-resorts het. Die mense van Andorra het ook 'n gemiddelde lewensverwagting van 85jaar, die hoogste in die wereld! (so 'n fun fact vir julle, ek wonder of dit iets te doen het met die taxes)

Nou die volgende oggend pak ons alles wat ons moontlik mag nodig he vir ons trippie na 'n sneeu-resort, met ander woorde baie serpe, handskoene, musse, longjohns, sokkies en toe skoene. Vir die trip soontoe besluit ek om my jeans, 'n t-shirt en truitjie en my pumps aan te trek. Eugene waarsku my dat ek gaan koud kry, maar wat weet hy mos, ons gaan net voor middagete by die resort aankom, dan is dit mos nog warm en as ek koud kry kan ek gou daar iets anders aantrek, dit gaan mos in elk geval warm wees in die kar. (gmf famous last words)


Ons begin die pad ry na Andorra en als begin goed, ons koop vir ons snackies by 'n pad kafeetjie en wraggies, daar le Die Koekie!!!! Ons almal koop sommer vir ons een en almal is saam met ma opgewonde, die koekie was nie heeltemal Die Koekie nie, maar die idee was daar tenminste! ons is nog nie eers oor die grens nie toe begin ons liggies sneeu sien langs die pad!!!!!
Dit is my eerste keer in sneeu en ek is sooooo opgewonde, ek neem fotos van elke bos en draaitjie, min wetend dat die sneeu baie vinnig meer gaan word......

Ons is seker so net oor die grens toe dit nogals redelike groot vlokkies begin sneeu, ek is uit my vel van opgewondenheid en kom nie agter dat eugene al hoe stiller word nie. Ons ry nog so 15 minute op teen die bergreeks, die pad is al nat van al die sneeu toe eugene vir ons se dat die kar al hoe meer begin gly op die ys op die pad, maar ons worry mos nou nie! Wat weet ek in elk geval van ''n kar wat gly, hierdie "snoekies" is heeltemal te pragtig om gevaarlik te kan wees!!!Dit was eers nog 10 minute later, toe eugene eweskielik 'n halt roep en se dat hy gaan omdraai, die pad is te glad en hy sukkel om beheer oor die kar te behou, en ons is nog nie eers halfpad op met die berg nie. Hy gaan omdraai en sneeukettings vir die kar soek. Ons was heel oorbluf, want ons "voel dan niks", maar met die omdraai en afgaan langs die berg, kom daar 'n bus van vooraf en ons gly amper in hom vas! gelukkig kry eugene die kar gedraai en stadig gly ons oor die pad, amper by die kant van die berg af!!!! Ek het my boeglam geskrik! Tjoepstil ry ons toe terug tot by die eerste dorpie en stop daar om 'n plan van aksie te bereken. Ons besluit om sneeuskoene vir die kar te gaan soek, maar dit sukkel maar met die frans so ek bied aan om by die naaste mense te gaan vra waar het hul sneeuskoene gekoop, ek draf toe maar uit na die naaste kar, val my amper disnis op die gladde pad, maar haal hul en in die sneeu vertel hul my dat ek by 'n winkel af in die straat moet gaan probeer. Af in die straat - hul het nie. Nog verder af in die straat- hul het, maar nie ons kar se tyre-grootte nie, gaan vra by volgende dorp. Ry na volgende dorp- hul het ook nie ons tyre grootte nie, maar gaan vra by garage - hul kan dit vir ons opsit, maar hul moet eers kettings vir ons bestel - en so karring dit aan vir langer as 'n uur, van een dorp na 'n ander, van een winkel na 'n ander, in en uit by die kar tot ek nie meer my voete kan voel nie en my hare sop nat is van sneeu! Ek verwens myself dat ek nie vir eugene geluister het nie, maar ek sal dit nie hardop erken nie, heeltemal te trots vir sy "ek het jou mos gese...."!!!!

Uiteindelik vind ons 'n paar kettings vir ons kar, ons ry na daai garage en hul help ons om dit op te sit en daar gaan ons weer die berg op! Teen die tyd sneeu dit katte en honde (nee, dit is reen, teen die tyd sneeu dit skape en witbeeste) daar le sulke walle sneeu langs die pad. Die polisie het die pad toegemaak en niemand sonder sneeuskoene mag die berg verder uit ry nie. Ons ry verby karre wat saam met ons die eerste keer die berg op gery het, hul almal sit vas in die sneeu en moet wag vir die polisie se reddingsvoertuig om hul te kom kry. Ons is almal sprakeloos! Die sneeu wat op die kar val is besig om ons agterruit toe te sneeu, ons kan dit amper nie glo nie! Ons ry daai pad teen 'n slakkepas en moet orals stop om te wag vir mense wat se kar in die pad in die sneeu vassit. Uiteindelik maak ons dit tot by ons ski-resort, pas de la casa, maar toe is dit nou nie meer 12uur die middag soos ons dit beplan het nie maar........9uur die aand!!!!!!!!!!!!!! Ons is wit van stres en konsentreer en verskriklik dankbaar toe ons uit ons nat en koue klere kan kom en in ons warm ondervloer-verhitte kamers! wat 'n dag! Ek verstaan hoe die land se mense so oud raak, na een dag hier voel ek ook 85jaar oud!

Die volgende dag is my en eugene se een jaar anniversary! En ons gaan dit geniet op die sneeu! Gedurende die nag het alles spierwit gesneeu en nou dat die son uit is en die vorige dat verby is, is alles weer pragtig en kan ek weer die sneeu geniet! Ons eerste stop voor die sneeu is by 'n ski-winkel - daar koop ons waterproof skoene vir eugene, pa en my, 'n waterproof baadjie vir ma en handskoene vir eugene. want wraggies, die koue in Parys is 'n stappie in 'n briesie in vergelyking met die koue hier by die sneeu op die berg!!!!!

Die wind kom afgewaai en bring stukkies sneeu saam wat jou gesig tref! Jou oe is permanent op skrefies, met jou kappie van jou baadjie afgetrek oor jou kop en jou neus loop sonder ophou! Maar jy raak dit als gewoond, want die slopes is iets om te beleef! Ons het soveel fun gehad, so af en toe trap jy in 'n gat en wil net omval, maar jy is so ge"pad" van al die klere, jy voel niks!
Ongelukkig kon ons nie ski nie, eugene se kontrak weerhou hom van enige ski aktiwiteite terwyl hy rugby speel, so toe moes ons maar tevrede wees met butt-slaying! Sien, die foto lyk asof ons nogals lekker vinnig daar afkom en asof dit heel hard-core is, ek wens net ek kon die kinders in die agtergrond uit photo-shop, hul laat ons minder cool lyk! hul steel ons awesomeness!!!!
Ons het maar op die klein slope, tussen al die kinders, ons butt-slaying vernuf ge-oefen, maar na 8keer se op loop met die slope (daar is nie 'n gondola vir die baba slope nie) het ons uit geput en nat die naaste koffieshop gaan soek! Uitgeput, maar soveel fun, dit was defnitief die snotneuse en natvoete die moeite werd!


Die res van ons twee dae op Pas de la Casa het ons die Duty free shopping gedoen, vir chanelle 'n Wii gekoop, parfuum gekoop, als wat nice is deurgekyk en aangepas! En ons trippie het ons afgesluit met 'n lekker glasie Sangria en seekos! (ons het besluit ons is naby genoeg aan spanje vir Sangrias!)

Die pad terug huistoe was sonder enige probleme en binne 'n paar uur was ons daar, terug by die huis en uitgeput! Die volgende dag het ons die heeldag movies gekyk en rustig by die huis rond gele, ons almal was te moeg om te beweeg. Ons het nuwejaar deurgery na St Guilhem le desert, ', klein dorpie waar tyd stil gaan staan het. Daar het ons die lekkerste pizza geeet wat ek in 'n lang tyd ge-eet het. Wat St Guilhem so besonders maak is dat hy steeds so oud lyk en 'n stroom het wat dwarsdeur die dorp loop, en as ek se dwarsdeur, dan bedoel ek letterlik, as-'n-huis-in-die-pad-is-maak-'n-tonnel-onder-die -huis-deur, dwarsdeur! Dis 'n pragtige ou dorpie en verskriklik rustig, ma was mal oor die klein straatjies en die ou geboue, maar sy wou net graag hul deure verf en hul dakke laat afspuit, sy laaik nie die scruffy look nie!

Weens al die kaartspelery op die TGV het ons die blink plan gekry om vir pa 'n bietjie poker te leer en voor ons ons kom kry is ons die dag na nuwejaar in 'n full-on pokergame betrokke! Ons het geld op die spel geplaas, reels was uitgeprint vir ingeval jy vergeet, en die res van die aand het ons poker gespeel. Dit was soveel fun! Ons het so gelag vir eugene wat baie dramaties speel, ma wat dit nie kan weerstaan om te weet of iemand gebluff het of nie en ekke wat die heeltyd die verkeerde hoeveelheid chips vir mense gee!!!! En raai wie was op die ou einde poker koninging 2008 gekroon..........

"tjatjienggggggggggggggg!!!!!!"
En so het ons vakansie ook tot 'n einde gekom. Wat 'n avontuur - en na vliegtuie, hysbakke, eiffelstorings, tonnels, treine, busse, moltreine, bote, brue, berge en sneeustorms het ma se "breinballe" nie te sleg gedoen nie!!!!!
Ai en as ek so blog skryf dan mis ek sommer almal! Ek sien verskriklik uit om julle almal weer te sien en baie baie liefde!
van:
die beste skoondogter (amper) hehehehe