Friday, February 15, 2008

'n dag in die Franse Platteland

Laas naweek het die rugby-span teen Bourgoin weg gespeel. Nou Bourgoin is 'n klein plattelandse dorpie in die distrik Rhone-Alpes. As jy geen idee het waar dit is nie, moenie stupid voel nie, ek moes op wikipedia gaan opsoek het al die distrikte se name (daar is 26) en omtrent elke distrik word verder opverdeel in 2-8 departemente. Eendag sal ek 'n blog skryf oor die geskiedenis van Frankryk, dit help om meer sin te maak oor wat waar alles is.

Nouja, waar was ek......Oja Bourgoin in Rhone-Alpes. Die Rhone-Alpes provinsie is die provinsie langs die Rhyn Rivier en aan die voet van die Alpe, met ander woorde 'n klipgooi vanaf Switserland! Vanaf Bougoin kyk jy op die spierwit Alpe en dus kon ek nie die kans deur my vingers laat glip om darem die gat kant van Switserland te bekyk nie! Ek besluit toe om die Saterdagoggend die 3ure trippie aan te pak na Bougoin. (Eugene-hul is al die Vrydag deur en oorgeslaap daar)

Met 2 truie ekstra en my parka en die GPS is ek toe 8uur die oggend oppad na die Alpe! Die motorways hier in Frankryk is fantasties en Eugene se GPS wys vir jou myle voor die tyd waar elke kamera is, so die trippie is 'n fees! Elke dorpie waarby jy verby ry wil mooier wees as die vorige een! Omtrent almal het 'n kasteel wat jy van myle af kan sien, of 'n dorpsmuur, of 'n ou katedraal. Dis ongelooflik mooi.

Langs die pad stop ek by Montelimar, 'n klein dorpie bekend vir sy amandel-nougat wat hy al vervaardig vanaf die 17de Eeu! As ek praat van BAIE Nougat, dan bedoel ek dit!!!!! Oral in die plek is Nougat te koop en elke blok probeer beter lyk as die voriges. Daar kom baie toeriste so die tannie in die winkel is gewax met uitlanders (dit beteken nie dat sy engels praat nie, maar at least probeer sy nie vir jou onnodige moeilike vrae te vra nie).

Terug op die pad eet ek lekker Nougat terwyl ek verby al die dorpies toer. Hoe langer die pad hoe kleiner word die dorpies, hoe meer heuwels, hoe meer ou geboue, hoe meer berge en EWESKIELIK is daar HUGE sneeu berge op die Horison! Mense die Alpe is mooi! Ek trap sommer die petrol dieper in.

By villefontein stop ek by die Hotel waar Eugene hulle bly om my Rugbykaartjie te kry en die stadion se naam en adres. Dit is 12uur en ek het nog so 3 ure om te verspil op toerisme voordat sy wedstryd begin.

Nou hier kom my eintlike vertelling oor die Franse Platteland:

Ek besluit toe om na die piepklein dorpie links van Villefontein te gaan lunch. Eugene vra my nogals of ek nie eerder in hul hotel se restaurant wil eet nie, hul het 'n engelse menu, maar nee wat, ek luister nie. Toerisme gaan mos daaroor om die kultuur self te belewe, nie om in een of ander moderne hotel wat cater vir toeriste te gaan eet nie! Nee, ek wil in 'n klein, local restaurantjie gaan sit, waar ek mense kan bekyk, foto's kan neem en regte franse kos kan eet!

Ek ry toe na die naaste dorpie (ek kan nie die plekkie se naam onthou en hy is so klein hy wys nie op enige van my kaarte nie.) Hier leer ek toe my eerste les oor die Franse platteland:

1) NIKS is oop op 'n Saterdag Middag nie.

Nou jy kan maar vir my nou al se, ja, dis so in Suid-Afrika ook, maar die ding is, in Sid-afrika selfs in die kleinste dorpie is daar 'n kafee wat oop is, jy weet, vir die wis en die onwis. NIE in Frankryk nie.




Nouja, ek loop maar rond, neem fotos want die plekkie is pragtig, die huise hier naby die Alpe begin ook al hoe meer lyk soos Heidi se huisie terwyl die boustyl naby Montpellier meer die meditereense boustyl het.


En toe sien ek 'n oop restaurantjie! Chez Amie (direk vertaal: "house of Amie" of "house of friends") en ek loop in.
Toe ek binne is, toe besef ek: Dit was 'n groot fout!

Les nommer 2: Die franse platteland KAN nie engels praat en sal op jou spoeg as jy engels praat (figuurlik, nie letterlik nie)

Ek weet nie hoeveel van julle het al Amelie gekyk nie, nou die plekkie lyk presies so. Al die customers is ou, locals wat elke dag kom om hul middagete daar te eet en te gesels. Die waitress ken almal en weet wat almal elke dag bestel. Daar is geen menu, die ete van die dag word op 'n spieel in die agterkant van die gebou geskryf.

Nou kan jul net imagine die probleme wat ontstaan: Eerstens hou almal op eet en kyk vir my, want ek staan uit soos 'n seer oog met my kamera en parka (okey so niemand het vir my gese hoe ver ons EINTLIK nog is van die sneeu nie!!!!) en die feit dat ek 20 jaar jonger is as die jongste customer! So daar staan ek en kyk rond vir 'n menu wat daar nie is nie toe die waitres vir my vra wat ek wil he. of dit is wat ek dink sy gevra het. Nou wat nou. Ek probeer in my patetiese Frans vir haar vra vir 'n menu, maar ek weet tot vandag toe nog nie of sy nie verstaan het, of ek dalk nie die regte woord vir menu gebruik het nie, en of sy net gesien het hierdie chick is so verlore soos 'n poep in 'n donderstorm, want na nog 'n paar franse sinne van haar kant af en 'n paar sinne in 'n onbekende dialek van mykant af, laat sy my sit by die eerste tafel en plak 'n tamatie, eier, mayonaise, tuna, blaarslaai toebroodjie voor my neer, saam met swart koffie.

Tipies Franse.

Die broodjie ('n baguette) is so lank soos my voorarm en so dik soos 3 en sy het nie vir my 'n mes of vurk gegee nie, maar my arme ego is nog besig om te herstel van die eerste ontmoeting met die waitress, so ek besluit om maar nie eers te probeer vra vir 'n mes nie! (ek kan ook nie onthou wat is 'n mes in frans nie, ek kan net lepel onthou!) Ek sit toe maar daar in my hoekie met my groot broodjie en bitter koffie terwyl al die ou tannies my nogsteeds dophou, ek besluit toe maar om die broodjie op te eet, al is dit way te groot, vir ingeval sy in Frans vra of ek versadig is en ek dink sy vra of ek 'n doggiebag soek...neewat, ek sien heeltemal te veel komplikasies! Na 'n ruk het ek darem my kossies soos 'n soet toeris opgeeet, en ek moet se dit was regtig 'n lekker broodjie, betaal en al die gaste in die restaurantjie gegroet, oppad terug. Sjoe, ek was papnat gesweet na daardie ondervinding.

Ek besluit om sommer dadelik deur te ry na die stadion, alhoewel dit omtrent nog 'n uur is voor die wedstryd. Daar gekom leer ek my derde les:

Les3: Franse is nooit betyds vir enigiets, behalwe Rugby!

Daar is nerens parkering! Ek sien nog nie eers die stadion, maar die strate is gepak! Ek besluit dat ek maar 'n kans sal vat en ek ry tot by die hoofingang na die stadion. Daar is gewoonlik 'n verkeersbeampte wat seker maak dat die publiek nie binne stop nie, binne parkering word altyd gereserveer vir die span, die borge en die afrigters. By die verkeersbeampte besluit ek toe om my VIP parkeringskaartjie te wys wat ons gebruik by Montpellier as ek die games gaan kyk en WRAGGIES laat hulle my in! My gekrenkde ego kry sommer 'n hupstoot! Die verkeersbeampte verduidelik in Frans waar ek binne kan parkeer, en toe ek my oe uitvee het ek parkeer BY die stadion hek. Presidentiele parkering! haha! ek voel so trots.

Ek gaan to in na die ondersteuners pawiljoen waar die ouensv ir ons kaartjies gekry het en wag nou maar vir die game om te begin. Ek is die eerste een op ons pawiljoen. Eweskielik kom daar 'n man in 'n netjiese pak direk op my afgeloop en vra my 'n elle lange vraag in Frans. huh? ek het nie eers 'n idee waaroor dit gaan. EK gooi toe maar in my beste frans dat ek hom nie verstaan en dat ek van suid-afrika is en of hy met my engels sal praat. gelukkig verstaan hy my! maar dit beteken nie hy gaan engels praat. Hy herhaal sy sin bietjie stadiger en met handgebare en na 'n rukkie besef ek: Hy kom se vir my ek het op die verkeerde plek gestop. Ai.

TOE is dit eers 'n gesukkel. Ek gaan na my kar en van die parkeerassistente is daar. Hul wil weet of ek enige identifikasie het, wie is ek, ens ens gelukkig kry elke rugbyspeler by Montpellier se vrou 'n ID kaartjie wat jy gebruik om by Montpellier club in te gaan wat se jy is sy vrou en mag op die paviljoen by die ander vroue en rugbyspelers wat nie speel nie sit. Ek wys toe maar daardie kaartjie vir hom en toe se hy vir my dat ek aan die verkeerde kant van die pad gestop het. Ek het links en regs in sy verduideliking omgeruil, gelukkig nie 'n te groot fout nie. All ends well!
Terug op die paviljoen kom die man in die pak weer daar aan! Gelukkig die keer se hy vir my dat ek met my identifikasie op die presedentiele paviljoen mag gaan sit! Jay!!! My dag is gemaak! Op die ou end sit ek toe DIREK agter ons span se bench! Tussen die presidente van Montpellier en Bourgoin! Hehe! En ja hulle het met my gepraat, maar ek het nie 'n WOOORD verstaan nie. Na die tyd het 'n ander meisie my ingelig dat die een ou vir my gese het ek is mooi, waarop ek in my onwetenheid geantwoord het: Oui! (ja) OH well, my vierde les vir die dag was:


Les 4: As jy nie jou naam gaan ruk in Frankryk nie, gaan jy nooit Frans leer nie.



Op die ou einde het ek trots op myself gevoel, want ek het tenminste 3 woorde in elke sin verstaan wat mense met my gepraat het, wat daartoe gely het dat ek wel op die ou end geweet het wat hul soek, en dit, belowe ek julle, is 'n grooot stap vorentoe in my leer van Frans! As jy nie jou trots in jou sak steek en in sulke belaglike situasies gaan beland nie, gaan jy nooit Frans leer nie.

Die game was nou nie so great nie, ons span het verloor! Hul moes eintlik gewen het, maar nouja, hul almal was ooroefen die week. Eugene het 'n pot op die oog gekry in die skrum en lyk regtig scary! Hy was eergister na die Opthalmoloog want die bloed wil nie dreineer, maar die ou se alles is okey, dit gaan nog so 2 weke vat!














Die naweek was verder baie lekker, en Sondag was die weer Fantasties! Ons het bietjie see toe gegaan en gechill op die strand. Flip ek mis struisbaai, want hierdie plek het GEEN branders nie! Soos geen! As jy op die rotse sit sal jy nie eers met hoogwater natgespat word nie! Vreemd as jy van die Kaap van Storms afkom! Hehe.


Nouja, ek gaan nou weer gaan, dit was 'n lang ene en ek moet begin gereed maak, eugene hul speel 'n game vanaand teen Biarritz tuis.

Mis julle almal

Monday, February 11, 2008

Lekker bederf

Hallo almal!

Ja dis alweer 'n koue ou dag hier in Frankryk! Laasweek het ons hoop gegee dat die somer amper hier is, die weer was lekker en ek het vir die eerste keer met 'n t-shirt geloop! (okey dit was binneshuis maar nogsteeds!)

Ek moet hierdie inskrywing begin deur te "brag" hoe oulik my man is! Hy en nog 2 suid-afrikaners van die span het vir hul vrouens 'n dag ingeboek by die Thalasso Spa in Carnon, die stranddorpie so 15min van ons af! Hul is 'n hotel met 'n spa wat spesialiseer in seawater treatments en seasalts. Hul het vir ons 3 behandelings elk geboek!

So laas Donderdag het ek, Tanya en Sanet die oggend 9uur die pad aangepak na Carnon met ons swembroeke en plakkies. Tanya het haar dogtertjie, Lisa (8mnde) by haar man gelos en Sanet haar tweeling, jane en JG (3jaar) by haar man gelos en ek het 'n vuil kombuis en onopgemaakte bed (24uur) by my man gelos.

By die spa verstaan niemand Engels nie (surprise) wat eintlik wierd is want mens sou dink hul kry darem bietjie toeriste daar. Gelukkig verstaan Tanya bietjie Frans sy woon al 2jaar mos hier. So moet Tanya as ons tolk wys die pragtige franse meisies ons die spa. Dis ongelooflik mooi! By ontvangs kry jy jou program vir die dag (so 'n papier met jou naam op en wanneer en waar al jou treatments is ens) en 'n kamerjas en 'n strandsak in ruil vir jou klere en handsak. So loop jy dan die heeldag in jou swembroek en kamerjas en plakkies rond tydens die sessies.







Daar is 'n warmwaterswembad en 'n sauna en 'n Hammam en 'n Gym en ruskamer wat jy tussen sessies kan gebruik aangesien jou sessies so 'n uur uit mekaar uit is. Natuurlik het ons die Gym maar 'n skip gegee, maar die warmwaterswembad en sauna gebruik tot sy volle potensiaal! Ons eerste sessie was so 'n ding waar jy op 'n bed le met jou bene in die lug dan trek hul vir jou sulke sokkie-goed aan wat tot by jou heup strek. Hierdie sokkies word dan opgepomp met water en dit veroorsaak dan konstruksie en ontspanning en what-not op jou bene vir die verbetering van sirkulasie, in elk geval, moral of the story: Dit voel flippen lekker! Ek gee nie om wat dit goed maak nie, dit laat jou goed voel en dis al wat saak maak! Sjoe ons het ons self gate uit geniet. Die volgende sessie was 'n borrelbad met jet-spuite wat jou hele lyf masseer. Dit was net so lekker, maar ek dink die bad waarin ek gele het het vir 'n rukkie af gestaan, want die eerste water wat daai jet-spuit hier op my ribbetjies spuit wat yskoud! Ek dog hul druk 'n vleispen dwarsdeur my long! Maar die res van die treatment het opgemaak daarvoor!






Ons derde sessie was 'n full body massage deur 'n franse meisie op so 'n bed met 'n ding wat stoom spuit oor jou hele lyf! Sy gebruik sulke see olies wat so lekker ruik. Baie baie lekker. Ongelukkig by hierdie sessie gaan jy een-een in die kamers in omdat jy massage word, so toe was Tanya ons getroue tolk nou nie daar nie. Die meisie verduidelik deur handgebare hoe sy wil he ons moet le en sy verduidelik van die swembroek bo-stuk en die massage. Wat sy eintlik bedoel het (vind ons natuurlik na die tyd uit by ons afwesige tolk) is dat sy ons swembroek toppie tydens die massage gaan agter losmaak sodat sy ons rug kan massage, maar natuurlik het ek en sanet gedog sy bedoel trek uit, so daar le ek en sy topless op die tafel op ons rug en maag vir die volle massage. Shame, die arme meisie, ek dink sy dink suid-afrikaners is baie liberaal. Gelukkig teen daai tyd was ons al way te ontspanne om embarresed te voel of om te gee! hehe



Teen 1uur het hul vir ons plek in die hotel se restaurant gaan boek. Mens gaan eet in jou kamerjas en plakkies! Hoe lekker ontspanne! die kos was lekker seekos met goeie witwyn, wat 'n fees! Ek was dankbaar toe ons teruggaan huistoe en ek weet dat ek nie enige kindertjies of babas het om heen terug te gaan nie! By die huis het ek langs Eugene op die bank aan die slaap geraak met toe shutters, die perfekte middagslapie na 'n ongelooflike dag!

Dankie my skat! Dit was 'n GROOT bederf!