Tuesday, October 20, 2009

Pezenas

Hallo julle! Ek stuur vir julle hierdie groot mushroom prentjie en hoop julle kan vir my resepte stuur vir enige dis waarvoor ek hierdie menere kan gebruik! Is dit nie net mooi nie! Herfs tyd is mushroom tyd in Frankryk en jy kry die grootste grotes tot die piepkleinste kleintjies!




Ons het saterdag so bietjie besluit om weer 'n ou plekkie te gaan besoek en toe besluit op Pezenas, 'n dorpie nie ver van Montpellier, met ons geluk is daar toe 'n lekker markie aan die gang en dis toe waar ek hierdie sampioene afgeneem het. Daar is letterlik duisende verskillende soorte 'shrooms in Frankryk, ek ken hul nou nie so goed nie, maar ek is mal oor hul name:

Hierdie grotes word Cepes genoem, geen idee wat jy met hul maak nie, maar maak hul jou nie net LUS om te eet nie!Dan kry mens natuurlik die champignon de paris dis die knopie sampioen wat mens vollop kry in SA, daar is ook pied de mouton, wat vertaal word as skaap pooitjies, en hul lyk nogals soos pooitjies. Dan is daar die trompette des morts, wat "trumpets of death" vertaal word, hul lyk soos 'n trompet en hul is swart, dis seker maar vandaar die "death" deel, want seriously, sy naam laat hom giftig klink! Pleurote is nog een, in Grieks beteken die "side ears" want hul het sulke frilletjies langs die kante soos ore. Lactaire delicieux is 'n duur sampioen, wat se naam afkomstig is aan sy goeie smaak en dat hy spierwit is, hy word ook genoem safran en provence omdat dit so moeilik is om in die hande te kry. En dan natuurlik die truffe, 'n baie rare sampioen wat bekend is as swart diamante hier. Dit groei onder die grond en jyt 'n vark nodig wat sy storie ken om dit vir jou uit te snif. Glo ruik die sampioen soos 'n mannetjies vark ....nou as iets ruik soos 'n vark......dan weet ek nie regtig of ek dit naby my mond wil bring nie, maar nouja. Oja, en dit lyk soos "an ancient mummie's testicle" was nie MY beskrywing nie, maar die beskrywing wat eenkeer op TV daaraan gegee is! Maar besluit vir julle self:

Ons het nog nie die "voorreg" gehad om 'n truffle so vars (van die graf?) van die grond af te eet nie, maar nou die dag het ons wel 'n truffle pesto gekoop vir pasta. Interessante smaak, ek wil se "musty", maar dis moontlik net my verbeelding!!!! hehehe nee, ernstig, dit kan lekker wees 'n bietjie op 'n pasta of saam met 'n steak of iets, maar as ek nou baie geld gehad het en kon iets raars bekostig, sou dit eerder perlemoen of kreef wees!!! maar het jy al daaraan gedink, als wat duur en raar is, is dinge wat nou nie juis vir my awesome is nie: caviaar, shark-fin soup, regte sjampange (glo my, dis nie so lekker soet soos JC le roux nie), birds' nest soup, Kopi Luwak (daai raarste koffie in die wereld, die bone word geeet deur 'n wilde kat/muis dier, maar hy kan glo nie die bone verteer nie, so dan word dit weer "uitgeskei" en dis glo die dier se maagsappe wat die bone hul spesiale smaak gee), mopanie wurms, nee, maar dankie, bring maar eerder vir my die kreef, en 'n bordjie slap tjippies!!!


Nouja klaar vir eers met die "fine cuisine" lesse, kom ons praat eerder oor Pezenas. Pragtige ou dorpie, ek weet nie juis van enige belangrike geskiedenis nie, maar dat hy oud is kan mens sien.





































Ons het deur die strate gewandel en winkeltjies bekyk en 'n CD gekoop by 'n groepie musikante wat vir die markie-gangers musiek gemaak het.

















Ek weet ek het al so baie fotos op die blog gelaai van markies, maar dit bly net vir my so mooi, ek moet hul afneem, dis nou een ding wat ek baie gaan verlang as ons teruggaan SA toe eendag....




Kyk net al daai worse en vleise, wat vir my baie interessant is van die franse, is dat almal maar almal so op en top is met hul kennis van kos en wyn! Ek het nou al 3 franse resepte boeke wat mense vir my geleen het, my franse juffrou skryf gereeld vir my nog 'n resep neer wat sy eweskielik onthou verskriklik lekker is en ek tog MOET onthou, en net vandag vertel ek vir die tannie af in ons straat dat ek 'n franse hoender dus vir kersfees wil maak, toe val sy my sommer in die rede en se nee, ek moet 'n vis gaarmaak met capers en tamaties want dis meer tipies van ons area as die ou hoender dis wat ek glo wil maak, net daar moet ek eers resep afskryf. Ek sien in my woordeboek dat dit 'n haai is wat ek moet gaar maak...... die franse en hul weird kosse.


Ek en eugene het 'n paar maande terug vir ons paddaboudjies gaar gemaak! Ons moes darem net check waaroor die hype gaan, so toe koop ons 'n pakkie gevriesde paddaboudjies in die winkel. Ons her nie regtig geweet hoe maak mens die potsierlike goedjies gaar nie, maar toe gooi ons hulle maar in die pan met knoffel (when in doubt, use knoffel) en suurlemoensap. Ons het darem saam met dit twee tuna steaks gaar gemaak net vir ingeval ons nie die paddaboudjies like nie, maar toe is dit nie te bad nie.....dis net....die IDEE dat jy padda eet is minder aptytwekkend, maar eugene was nie so afgesit soos ek nie. Hy het vir 'n oomblik oorweeg om die left-overs die volgende dag te eet op 'n broodjie, maar die idee van "paddabroodjie" het om ook weer daarteen laat besluit!


Janee, die franse is nie vol fiemies nie! Glo eet 'n gewone franse familie tenminste een keer 'n week haas. Ons eet hom so af en toe, hy is nie te sleg nie, maar ek koop hom klaar gaar, want hier in Frankryk as jy hom rou koop het hy nog fur op sy oortjies en pootjies en dit breek my hart!
Nog iets wat hul nie voor gril nie is seepampoentjies! Hul eet dit ook. Bokmelk is ook iets waarvoor hul nie gril nie, natuurlik, en moenie laat ek eers begin praat oor gemufde kaas nie.
En almal ken hul wyne! Dis amazing, jy kan enige persoon gaan vra watse wyn jy moet koop of bestel en hul sal jou kan se in 'n oogwink. Dis ook 'n feit dat dit goedkoper is om wyn in 'n restaurant te bestel as wat dit is om water te bestel! imagine! Ook hier drink jy 'n ander tipe wyn saam met elke gang van jou maaltyd. Jy begin met 'n aperitif van kom ons se rose, dan drink jy witwyn saam met jou slaai, dan drink jy byvoorbeeld 'n rooiwyn saam met jou vleis en hoofmaal, dan drink jy 'n droer wyn saam met jou kase, dan drink jy iets minder soet saam met jou poeding, en dan drink jy 'n likeur, muskadel of sherrie om met digestion te help. En dis hoe jy dit doen in Frankryk!
Noutoe lekker slaap julle almal, ek het myself nou honger gepraat en gaan nou eers ons koskas deursoek vir ietsie lekker, en ietsie lekkers in MY oe, soos 'n lekker peanutbotter en jam broodjie. JAMMMMMM