Ai die somer was so lekker lank hierdie jaar, dit het al in Mei begin en in September het ons nogsteeds kortmou klere gedra en gaan swem. Ek hoop nie ons winter probeer opmaak vir "lost times" deur kouer te wees as laas jaar nie, maar ons kyk maar, tenminste is Eugene gereed vir die winter! Hy het hierdie seisoen nog 'n parka gekry as deel van sy rugby "kit" (elke seisoen kry hul nuwe klere want die sponsor verander elke jaar) en die somtotaal van groot, donskombersagtige jasse wat hy nou besit is nou al 4! Ons spaarkas lyk soos 'n klerewinkel in antarktika, dis net jasse en sneeuboots en nog parkas en serpe, ek weet nie of ons ooit die klere weer sal dra as ons SA toe kom nie, miskien as ons by eugene se ouers gaan kuier in die noord-kaap!
Na ons trippie Griekeland toe was ek en Eugene maar rustig hier by die huis vir die res van die vakansie en somer. Besluit om maar die aktiwiteite in ons omgewing aan te pak, onder andere het ons gaan kanoe hier by 'n rivier hier naby montpellier.
Check hoe sportief lyk my man, ons het bietjie gesukkel met 'n groot genoeg lifejacket, die franse mannetjies is ietwat aan die skraalkant in vergelyking met 'n stuk vleis soos hierdie een, maar ons het oor die weg gekom. Dit is 'n tweeman kanoe en die spane was enkel spane , nie daai met twee koppe nie. Ons het maar gesukkel met die samewerking van die roei, meestal omdat ek en eugene twee uiteenlopende sienings van die roeisessie gehad het, jy sien, eugene was daar om te ROEI en die bestemming te bereik, check sy foto, hy lyk skoon professioneel, en ek aan die anderkant, check my foto:
Exhibit A:
Pont du diable is sy naam wat beteken devil's bridge, interessante naam siende dat dit gebou was
deur monnike!
Ek en eugene het 'n paar keer die somer sommer vir die dag hierheen gery om te kom swem en tan, in Montpellier mag jy nie jou hond strand toe neem nie, maar hier is onde nie verbode nie, en die water is koud en diep. Pont du diable is ook nie ver van St guilhem le desert af nie, so 5min se ry en in die piepklein dorpie se square is
'n kafeetjie wat die lekkerste pizza's maak.
Ek dink ek het al 'n stukkie geskryf oor St guilhem le desert, maar vir re-cap: dis piepklein en doodstil en bestaan hoofsaaklik uit 'n abbey en 'n square en daar is 'n rivier wat reguit deur die dorpie loop, sommer onderdeur van die huise.
Daar is 'n pragtige staproete en eendag na 'n lekker pizza besluit ek en eugene dat ons die staproete gaan loop. Ek is seker dat iemand my gese het daar is 'n waterval so 5min in die stap in en ek kan my amper verbeel dat toe eugene se ouers kom kuier het, ons die waterval gehoor het, maar eugene stry met my. Na 'n uur se stap, ons beide met net plakkies aan en dis berg op, het ons nog nie 'n waterval gesien of gehoor nie.....maar dit was pragtig tenminste!
Omdat die somer was, raak die rivier later net 'n klein stroompie, maar steeds, oral sien mens trout swem, daar is dele waar die rivier net 'n poel water is, maar dan swem daar trout!
Een omie het voor sy huis die poel afgekamp en trappies afgebou na sy private poeletjie toe waar hy trout aanhou en kom vang met die hand as hy een wil gaarmaak! net langs die poel is daar 'n klein stukkie land waar hy tamaties en andr groentetjies groei, wat 'n lekker lewe!
Eugene het ook vir my 'n fiets gekoop vir die somer sodat ons lekker kan gaan fietsry wanneer dit vakansie is.
Verder was ons natuurlik baie see toe, gaan tan, of tenminste probeer, want Leela het hierdie vieslike gewoonte om gate te grou en soos wat dit nou sal uitwerk is eugene altyd die arme teiken vir vlieende sand!
Hier het ons vir leela begrawe, het gedog sy sou struggle en probeer uitgrou, maar toe laaik sy dit! Syt tjoepstil gele en selfs lank daarna nogsteeds onder die sand bly le!
Kyk hoe vuil kleur is die sand, dis weird as mens net gewoond is aan spierwit sand soos op struisbaai.
En ja, verder het ons die res van die somerdae voor die aircon deurgebring, met lekker waatlemoen en spanspek! Ek hoop ek het jul nou almal lekker lus gemaak vir somer, toemaar, hy is amper daar in SA, geniet hom, en dink maar aan ons hier in ons parkas!
(brrrrrrrrrrrrrrr)