Saturday, September 13, 2008

Rollercoasters!!

hallo almal!

Hier is gou 'n vinnige stukkie wat ek net moes bylas op die blog, my en eugene se eskapades by die spaanse weergawe van ratanga junction.

Al van laas jaar af praat ek en eugene al van hoe lus ons is vir 'n lekker rollercoaster "ride" , ons het selfs op die internet gaan soek vir funparks in Frankryk, maar net nooit regtig een gesien met die "regte tipe ride" nie! Ons soek iets vinnig en groot met loops en draaie! Toe so aan die begin van die jaar vind ons hierdie park in Spanje, net so buite Barcelona, waar hul "die ride" het waarna ons so soek: die grootste rollercoaster in europa met 8 loops en wat teen 110km/h hardloop!

So hierdie Woensdag het ons besluit om die tog spanje toe aan te pak. Ons plan is om te ry tot by die barcelona, daar oor te slaap en dan die Donderdag oggend dou-voor-dag by die hekke van die park op te daag en die hele liewe dag daar te spandeer en die volgende dag weer terug te ry (net so betyds vir eugene se volgende rugby oefening)
So WOensdagmiddag na rugby oefening is ons sak en pak gereed vir die trippie met een helse blik padkos, van hoendertoebroodjies, gekookte eiers en 'n stukkie wors tot chippies, koeldrankies en 'n fles koffie!

Ons haal ons hotel so net na 9uur die aand. die hotel en die park was toe nou nie in barcelona soos ek "gedog" het nie maar 100km verder.......maar dit is minimale travel errors as mens op 'n missie is om rollercoasters te gaan ry. Die hotel, wat ek vir ons online geboek het, is pragtig, met 'n pragtige swembad met 'n bar in die middel so ek en eugene het ons sommer dadelik tuis gemaak en so met die son se sak vir ons 'n ou sangria bestel.
Die volgende oggend is ons toe 10uur by die hek van die "port aventura" park (toe nou nie so dou-voor-dag want die spanjaarde is so "layedback", die park maak eers 10uur oop) en dis BESIG!

Eugene is effens narerig nadat hy 'n olierige gebakte eier by die hotel geeet het en nouja, naarheid is die laaste ding wat jy moet voel voor jy 'n rollercoaster met 8 loops wil aanpak, maar hy druk voort!

So toe is ons oppad na ons eerste "ride" vir die dag, die park is ongelooflik groot en opgedeel in verskillende werelddele as temas. Ons eerste "ride" is die Furius Baco. Van waar ek en eugene moet staan en wag vir die "ride" lyk dit nie na 'n baie lang ride nie, maar hy lyk nogals vinnig, so ons besluit om hom 'n go te gee. Ons wil nie die 8loop een dadelik aanpak nie, wil opbou na hom toe sodat die ander rides nie na hom gespoil is nie, jy verstaan! In elk geval, uiteindelik is dit ons beurt op die furius Baco en lucky ons ons sit heel voor in die ride! (dis een van daai waar jou voete onder loshang) . DIe ride is so gebou dat jy nie die begin van die ride kan sien nie en die beskrywing van die ride is in spaans op jou park kaart, so ek en eugene het nie regtig die detail gehad oor wat nou eintlik so oulik van die ride is nie, want as ons geweet het sou ons seker voorbereid gewees het op wat toe sou gebeur......
TOe die ride begin wys hul eers vir jou 'n video bo jou kop oor hierdie "mad scientist" wat 'n fout gemaak het in een of ander masjien wat hy gebou het en dan druk hy hierdie "verkeerde" knoppie...... en dan skiet die ride weg met 'n snotskoot! Na die tyd het ek die stats gaan oplees op die internet:

"Go from 0 to 135 km/h in 3 seconds on this unique attraction. "

Ons was GLAD nie voorbereid vir die spoed waarmee jy daar wegtrek nie! Ek het die hele ride deur gegil soos 'n maer vark en toe ons stop was die eerste woorde uit eugene se mond: "ma se teef maar dis vinnig!!!!!" EUgene het skoon gebewe en ek moes die spoeg van my wang afvee van oopmond gil teen 135km.

Hierdie foto is geneem VOOR ek geweet het wat vir my wag, hoe weet mens dit? My hare is nog netjies en ek het nie kwyl oor my wang soos 'n psycho nie!

Na die "furius baco" is ek en eugene na die volgende ride, genaamd "stampida". Dit is 'n hout rollercoaster wat beteken die hele baan is van hout gemaak en nie van staal soos die nuwe rollercoasters van vandag nie. Dit lyk nie baie vinnig nie (bygese niks lyk vinnig na furius baco nie, die volgende ride kon op die concorde gewees het en dit sou steeds stadig lyk!) en wel, hoe adventurous kan 'n hout rollercoaster dan nou wees? Wat 'n berekenings fout! die ride is vinnig en stamperig en dit voel asof jy enige tyd uit die hout spore gaan uitbreek! Dit was vreesaanjaend! Boonop is die sitplekkies bitter klein in hierdie ride so dit voel asof ek en eugene bo-op mekaar ook nog sit!

Volgende is ons na die "horakan condor". Nou mense, dit is letterlik 'n groot pilaar wat 100m hoog is waarteen hul jou ophys en dan laat afval! Die pilaar is so hoog jy sien hom wanneer jy die dorp waarin die park is binnery! Nou ek is lekker "braaf" en het besluit neewat, ek pak hom aan, al sien ek dat die ry mense wat hierdie ride wil ry 95% mans is met tatoos en oorbelle, neusringe ens ens (jy weet, die regte adrenalienjunkies) terwyl al die ander rides gelyke hoeveelhede mans en vroue was.


Maar toe hulle ons so begin ophys toe begin my keeltjie so bietjie toetrek, toe ons 50 meter in die lug op is toe begin ek histeries te lag toe ek besef ons het NOG 50 meter om te gaan! Arme eugene bied ewe braaf aan dat ek sy handjie kan vashou. Asof dit nie erg genoeg is dat ek 100meter in die lug is besig om te wag op 'n val nie, moet hul nog jou sitplek so effens vorentoe tilt as jy heel bo is ook! Teen hierdie stadium is ek dood oortuig dat my hart gaan gaan staan en my arme man ken nog nie eers die franse woord vir "help" nie, wat nog te praat van die SPAANSE ene!
Op daardie stadium laat hul ons gaan en ons val. Eugene se hy het nog gesit en wag vir my deurborende skreeu maar toe is ek so stil soos 'n muis dwarsdeur die hele affere! Wat kan ek se, aan die eenkant was ek so bang ek kon nie eers 'n geluid maak nie, aan die anderkant was ek bang ek gil so hart ek verloor 'n long!
Na die "horokan condor" besluit ons toe dat dit nou tyd is vir ons 8loop vriend! Ons is toe reguit na die "dragon kahn", die hoogtepunt van ons trip!
Ek het die 8loops deur gegil en eugene het die 8loops deur gelag en dit was AMAZING! Verseker die lekkerste ding wat ek in 'n lang tyd gedoen het! Jy weet letterlik nie wat is bo en onder en waar noord of oos is tydens die ride nie hy draai jou so rond en net wanneer jy dink jys klaar dan flip hy jou weer onderstebo en dan kyk jy vas in die gras terwyl jy 110km/uur deur die lug beweeg!
Ons het nog ander rides ook gedoen,

almal baie baie lekker maar elkekeer maar weer terug gekom na die "dragon khan"! Eugene se naar was verder aangehelp deur die hitte en dehidrasie so toe moes ons later 'n halt roep tot ons eskapades.
Hier is ek en eugene na die park besig om te wag vir ons bus terug hotel toe.

Ons was so moeg en so seer ons het dadelik in ons hotelkamer op die bed aan die slaap geraak tot 7uur die aand. Daardie aand het ons langs hul strand gaan afstap en rustig by 'n seekos restaurantjie gaan eet, net om 10uur terug in ons bedjies te wees om die res van die moegheid af te slaap. Die volgende oggend vroeg val ons toe weer terug in die pad oppad huis toe.

En dit is die opsomming van ons port aventura avontuur! Hier volg 'n foto van my en eugene op die "dragon khan", eugene se gesig se presies hoe hy die rides geniet het!