Saturday, September 13, 2008

Rollercoasters!!

hallo almal!

Hier is gou 'n vinnige stukkie wat ek net moes bylas op die blog, my en eugene se eskapades by die spaanse weergawe van ratanga junction.

Al van laas jaar af praat ek en eugene al van hoe lus ons is vir 'n lekker rollercoaster "ride" , ons het selfs op die internet gaan soek vir funparks in Frankryk, maar net nooit regtig een gesien met die "regte tipe ride" nie! Ons soek iets vinnig en groot met loops en draaie! Toe so aan die begin van die jaar vind ons hierdie park in Spanje, net so buite Barcelona, waar hul "die ride" het waarna ons so soek: die grootste rollercoaster in europa met 8 loops en wat teen 110km/h hardloop!

So hierdie Woensdag het ons besluit om die tog spanje toe aan te pak. Ons plan is om te ry tot by die barcelona, daar oor te slaap en dan die Donderdag oggend dou-voor-dag by die hekke van die park op te daag en die hele liewe dag daar te spandeer en die volgende dag weer terug te ry (net so betyds vir eugene se volgende rugby oefening)
So WOensdagmiddag na rugby oefening is ons sak en pak gereed vir die trippie met een helse blik padkos, van hoendertoebroodjies, gekookte eiers en 'n stukkie wors tot chippies, koeldrankies en 'n fles koffie!

Ons haal ons hotel so net na 9uur die aand. die hotel en die park was toe nou nie in barcelona soos ek "gedog" het nie maar 100km verder.......maar dit is minimale travel errors as mens op 'n missie is om rollercoasters te gaan ry. Die hotel, wat ek vir ons online geboek het, is pragtig, met 'n pragtige swembad met 'n bar in die middel so ek en eugene het ons sommer dadelik tuis gemaak en so met die son se sak vir ons 'n ou sangria bestel.
Die volgende oggend is ons toe 10uur by die hek van die "port aventura" park (toe nou nie so dou-voor-dag want die spanjaarde is so "layedback", die park maak eers 10uur oop) en dis BESIG!

Eugene is effens narerig nadat hy 'n olierige gebakte eier by die hotel geeet het en nouja, naarheid is die laaste ding wat jy moet voel voor jy 'n rollercoaster met 8 loops wil aanpak, maar hy druk voort!

So toe is ons oppad na ons eerste "ride" vir die dag, die park is ongelooflik groot en opgedeel in verskillende werelddele as temas. Ons eerste "ride" is die Furius Baco. Van waar ek en eugene moet staan en wag vir die "ride" lyk dit nie na 'n baie lang ride nie, maar hy lyk nogals vinnig, so ons besluit om hom 'n go te gee. Ons wil nie die 8loop een dadelik aanpak nie, wil opbou na hom toe sodat die ander rides nie na hom gespoil is nie, jy verstaan! In elk geval, uiteindelik is dit ons beurt op die furius Baco en lucky ons ons sit heel voor in die ride! (dis een van daai waar jou voete onder loshang) . DIe ride is so gebou dat jy nie die begin van die ride kan sien nie en die beskrywing van die ride is in spaans op jou park kaart, so ek en eugene het nie regtig die detail gehad oor wat nou eintlik so oulik van die ride is nie, want as ons geweet het sou ons seker voorbereid gewees het op wat toe sou gebeur......
TOe die ride begin wys hul eers vir jou 'n video bo jou kop oor hierdie "mad scientist" wat 'n fout gemaak het in een of ander masjien wat hy gebou het en dan druk hy hierdie "verkeerde" knoppie...... en dan skiet die ride weg met 'n snotskoot! Na die tyd het ek die stats gaan oplees op die internet:

"Go from 0 to 135 km/h in 3 seconds on this unique attraction. "

Ons was GLAD nie voorbereid vir die spoed waarmee jy daar wegtrek nie! Ek het die hele ride deur gegil soos 'n maer vark en toe ons stop was die eerste woorde uit eugene se mond: "ma se teef maar dis vinnig!!!!!" EUgene het skoon gebewe en ek moes die spoeg van my wang afvee van oopmond gil teen 135km.

Hierdie foto is geneem VOOR ek geweet het wat vir my wag, hoe weet mens dit? My hare is nog netjies en ek het nie kwyl oor my wang soos 'n psycho nie!

Na die "furius baco" is ek en eugene na die volgende ride, genaamd "stampida". Dit is 'n hout rollercoaster wat beteken die hele baan is van hout gemaak en nie van staal soos die nuwe rollercoasters van vandag nie. Dit lyk nie baie vinnig nie (bygese niks lyk vinnig na furius baco nie, die volgende ride kon op die concorde gewees het en dit sou steeds stadig lyk!) en wel, hoe adventurous kan 'n hout rollercoaster dan nou wees? Wat 'n berekenings fout! die ride is vinnig en stamperig en dit voel asof jy enige tyd uit die hout spore gaan uitbreek! Dit was vreesaanjaend! Boonop is die sitplekkies bitter klein in hierdie ride so dit voel asof ek en eugene bo-op mekaar ook nog sit!

Volgende is ons na die "horakan condor". Nou mense, dit is letterlik 'n groot pilaar wat 100m hoog is waarteen hul jou ophys en dan laat afval! Die pilaar is so hoog jy sien hom wanneer jy die dorp waarin die park is binnery! Nou ek is lekker "braaf" en het besluit neewat, ek pak hom aan, al sien ek dat die ry mense wat hierdie ride wil ry 95% mans is met tatoos en oorbelle, neusringe ens ens (jy weet, die regte adrenalienjunkies) terwyl al die ander rides gelyke hoeveelhede mans en vroue was.


Maar toe hulle ons so begin ophys toe begin my keeltjie so bietjie toetrek, toe ons 50 meter in die lug op is toe begin ek histeries te lag toe ek besef ons het NOG 50 meter om te gaan! Arme eugene bied ewe braaf aan dat ek sy handjie kan vashou. Asof dit nie erg genoeg is dat ek 100meter in die lug is besig om te wag op 'n val nie, moet hul nog jou sitplek so effens vorentoe tilt as jy heel bo is ook! Teen hierdie stadium is ek dood oortuig dat my hart gaan gaan staan en my arme man ken nog nie eers die franse woord vir "help" nie, wat nog te praat van die SPAANSE ene!
Op daardie stadium laat hul ons gaan en ons val. Eugene se hy het nog gesit en wag vir my deurborende skreeu maar toe is ek so stil soos 'n muis dwarsdeur die hele affere! Wat kan ek se, aan die eenkant was ek so bang ek kon nie eers 'n geluid maak nie, aan die anderkant was ek bang ek gil so hart ek verloor 'n long!
Na die "horokan condor" besluit ons toe dat dit nou tyd is vir ons 8loop vriend! Ons is toe reguit na die "dragon kahn", die hoogtepunt van ons trip!
Ek het die 8loops deur gegil en eugene het die 8loops deur gelag en dit was AMAZING! Verseker die lekkerste ding wat ek in 'n lang tyd gedoen het! Jy weet letterlik nie wat is bo en onder en waar noord of oos is tydens die ride nie hy draai jou so rond en net wanneer jy dink jys klaar dan flip hy jou weer onderstebo en dan kyk jy vas in die gras terwyl jy 110km/uur deur die lug beweeg!
Ons het nog ander rides ook gedoen,

almal baie baie lekker maar elkekeer maar weer terug gekom na die "dragon khan"! Eugene se naar was verder aangehelp deur die hitte en dehidrasie so toe moes ons later 'n halt roep tot ons eskapades.
Hier is ek en eugene na die park besig om te wag vir ons bus terug hotel toe.

Ons was so moeg en so seer ons het dadelik in ons hotelkamer op die bed aan die slaap geraak tot 7uur die aand. Daardie aand het ons langs hul strand gaan afstap en rustig by 'n seekos restaurantjie gaan eet, net om 10uur terug in ons bedjies te wees om die res van die moegheid af te slaap. Die volgende oggend vroeg val ons toe weer terug in die pad oppad huis toe.

En dit is die opsomming van ons port aventura avontuur! Hier volg 'n foto van my en eugene op die "dragon khan", eugene se gesig se presies hoe hy die rides geniet het!

Thursday, August 28, 2008

Quoi de neuf?

Hallo almal!

Ons is weer uiteindelik terug op die wereld wye web, net op 'n ander laptop siende dat ons laptop, internet, skottel en modem besluit het om sommer almal gelyk "tatta" te se! maar ons prys die Here alles is in werkende orde sonder veel probleme (behalwe die laptop natuurlik, ons dink hyt homself bietjie overheat, maar hy is darem nog onder waarborg so hopelik sal hy weer werk oor 'n paar maande)
Die laptop wat ons nou gebruik is 'n vriend s'n wat hy hier in Frankryk gekoop het, so die keyboard is Frans, wat beteken dat die "keys" nie almal op dieselfde plek is soos 'n engelse keyboard nie en toe het Eugene dit so gestel dat dit volgens die uitleg van 'n engelse keyboard werk, wat nou beteken dat ek nie na die letters/syfers op die keyboard moet kyk nie maar moet onshou waar die letters oorspronklik gelee is op 'n engelse keyboard! EK se dus jammer vir spelfoute en verkeerde leestekens, dis nie (net alles) my swak spelling nie!


So, wat het alles gebeur vandat ek laaaaaaaas geskryf het<>? (flippit, ek kan nooit onthou waar die simpel vraagteken is nie!!!!!)

Die seisoen het weer afgeskop hier met 'n lekker maand of twee van fiksheid vir die rugbymanne! Shame ek het hul regtig jammer gekry want hier in Frankryk glo hul dat genot en fiksheid teenoorgesteldes is en dat jy net fiksheid kan bereik deur 'n "bootcamp" en baie baie pyn! Intussen het dit natuurlik somer geraak in montpellier en ek BELOWE die dae was gemiddeld 32-36 grade en die temperatuur val eers nadat die son sak half10 in die aand!

Jy is GAAR as jy buite loop. Nou imagine my liewe liefling man wat warm kry in winter in hierdie temperatuur as hy nog heeldag op 'n rugby veld moet sprint en boks en fietsry en what not vir fiksheid!!!!! sjoeka! As hy by die huis kom gaan haal hy dadelik sy mobile aircon'tjie in die kamer en vir die res van die dag sleep hy hom oral agter hom aan waar ookal hy gaan in die huis soos 'n klein hondjie! In die aand slaap ons met die aircon aan en in die dag staan hy langs hom voor die TV en blaas direk op hom. Na die eerste week is ons toe winkels toe, want ons het "nog 'n waaier ook nodig"! So toe het ons die aircon EN die waaier in die sitkamer al twee op full throttle! Hehe daai eerste dag toe ek in die sitkamer inloop is dit asof die Kaapse Suid-Ooster op ons is, mens sien net papiere waai en boeke se bladsye wat wapper soos die nuwe twee vertouelinge van eugene blaas vir al wat hul werd is! en in die middel van die storm le eugene op die bank, salig en baie gelukkig! hehe! Hier is 'n foto van eugene se fietsie wat hy vir hom aangeskaf het. Almal moes vir hul een koop vir fiksheid.


Verder het ek en Eugene nog nie veel rondgetoer vandat ons terug is nie, Eugene oefen baie en as die manne af is, is hul te moeg om enigiets te doen. Maar een Sondag kry ek darem Eugene oorreed om na 'n dorpie lans die kus te ry nie ver van ons. Die plek se naam is Aigues-Mortes en is 'n Medieval stad wat gebou is as 'n militere hawe. Die plek is nog perfek en die dorp is steeds omring met die beskermings muur. Al die huise binne die mure van die stad is nou verander in restaurantjies en winkeltjies en dit is so pragtig. Op die foto van die toring kan mens twee gate sien wat gemaak is deur 'n aanval van 'n kanon toe die stad eens op 'n keer aangeval was.



















(sien die merke op die linkerkantste foto, net so bo die onderste venster)




Ons het eers elkeen vir ons 'n lekker groot roomys gekoop en deur die stad geloop en toe gaan middagete eet by so 'n restaurant wat spesialiseer in seekos. (eintlik was ons nie net agter die seekos aan nie, maar hierdie spesifieke restaurant het in hul dak daardie sproeiertjies gehad wat "mist" spuit en dit was toe die groot lokpleister vir sekere mense......... maar die kos was lekker, ons het vir voorgereg 'n vissop gehad (ek weet, dit klink disgusting en glo my dit het nie die mooiste kleur wat ek al aan 'n sop hesien het nie, maar dis die spesialiteit van die area en nouja, ons probeer maar) en dit was regtig lekker, jy eet hom so met ge"grill"de snytjies baugette met so 'n bottertjie wat gemaak is van baie knoffel en bietjie botter! Die ding is dan om die gebotterde stukkies baugette te laat dryf op jou sop en dan so saam met die sop te skep met jou lepel en te eet. baie lekker
















Oja en ander nuus was dat ons 'n nuwe karretjie gekry het! 'n Toyota Aurus, nog nooit van die kar gehoor voorheen nie, maar mense, wat 'n lekker karretjie! Hy is in die eerste plek korter as ons vorige kar wat 'n defnitiewe pluspunt is hier in frankryk en hy ry soos 'n droom! O ja en hy is so 'n gouerige silwer kleur wat nie so vinnig vuil wys soos ons vorige kar nie en hy het lekker baie kompartementjies en bereplekkies! Ok so dit is my beskrywing van die kar, defnitief uit 'n vroulike oogpunt, ek sal eugene later aanse om dit te beskryf, hy sal jul dan meer kan vertel van krag en spoed en powerstearing en al daai tegniese dinge wat my nou nie juis pla nie. Hier is 'n foto van die oulike ding(e)!








Ag en verder swem ons en eet waatlemoen laat die pitte so spat! Ek en eugene het net Sondag vir ons 'n 10kg waatlemoen gekoop! Arme eugene moes hom dood dra by die markie aan die ding maar was hy nou lekker! njam! Hy het ons nie eers drie dae gevat om op te eet nie! Ons somervrugte hier is uit die boonste rakke! spanspek, kaalgat perskes, geel perskes, harige perskes, pruime, waatlemoen, honeymelon, pynappels, mango's, cherries, druiwe, kiwi's, piesangs, nog spanspek nog waatlemoen njam njam njam! In die tuin van eden sou ek defnitief die vrug van goed en kwaad 'n skiep gegee het solank as wat daar genoeg waatlemoen en perskes was!

Die water by die see is so lekker, al wat ons kort is natuurlik branders, maar wie kan nou kla as mens net 15 min van die see af bly! (by kar nou, nie te voet) Sondae en DOnderdae is see-toe-gaan-dag, dan pak ons ons strand sakkie, gryp die sambreel en gaan le by die strand en tan. Eugene is natuurlik soos 'n rob in die water en ek sukkel om hom langs my te laat le en tan, maar noudat ons 'n saambreel het le ons lekker met ons franse boeke en leer frans!


Nouja julle, ek sal hopelik nou weer meer gereeld 'n hou stukkie skryf op die blog, maar vir nou is dit eers
asta la vista baby! (by the way dis nie frans nie, ek weet, net vir ingeval jul bekommerd raak oor die inhoud van my "franse" boek HEhe)